KYK: Mej. SA Amy Kleinhans deel pragtige foto van haar kinders

KYK: Mej. SA Amy Kleinhans deel pragtige foto van haar kinders

Die voormalige Mej. Suid-Afrika en besigheidsvrou, Amy Kleinhans, het onlangs 'n pragtige foto van haar en haar kinders gedeel. 

Amy Kleinhans
Instagram/ Amy Kleinhans

In 1992, het Amy Kleinhans-Curd, geskiedenis gemaak, nadat sy as die eerste Bruin Mej. Suid-Afrika aangewys was. 

LEES: SA se mooie Minki word 40!

Sedertdien haar kroning het Kleinhans-Curd talle suksesvolle besighede op die been gebring. Sy het haar eie vonkelwyn, Amelia (haar geboortenaam), en ook haar eie velsorgreeks, The Karoo

Kleinhans-Curd is met die Nieu-Seelandse sakeman Leighton Curd getroud. Amy is 'n ma van vier, woon in Franschhoek en is die direkteur van verskeie maatskappye, onder andere die huiswerkhulplyn vir onderwysers, Dial-A-Teacher, wat in 2000 saam met die Nelson Mandela Fonds gestig is val. 

LEES: Brendan Peyper praat oor skokkende 'Op My Eish!'-oomblik

Hul plase in Franschhoek, Swellendam en in die Wieg van die Mensdom is net 'n paar van die dinge wat Amy besonder besig hou. 

Sy is 'n betrokke ma en reël, onder meer, 'n jaarlikse swemfees vir die skool wat haar kinders bywoon.

Kleinhans-Curd het onlangs 'n pragtige foto van haar kinders gedeel. 

LEES: Amor Vittone vertel oor haar laaste gesprek met Joost van der Westhuizen

Bekendes soos model Lee-ann Liebenberg en sangeres PJ Powers het kommentaar op die foto gelewer. 

In 2023, het sy Suid-Afrika geskok met haar verskyning op die kykNET-realiteitsprogram, 'Die Real Housewives van die Wynlande'

Sy het kykers 'n kans gegee om te sien hoe haar allerdaagse lewe lyk. 

LEES: Die huisvroue ontmoet vir Gloria Arendz

In een van die episodes het sy erken dat sy al voorheen in die tronk was

In 1997, na haar kroning as die eerste vrou van kleur om Mej. Suid-Afrika te wen, was Kleinhans-Curd in hegtenis geneem vir diefstal. 

Sy was aangekla vir winkeldiefstal. 

Kleinhans-Curd vertel dat sy in 'n apteek was en toe sy uitstap, het sekuriteit haar ondersoek en 'n lipstiffie in haar handsak gevind. 

LEES: Glansvrou Gloria Arendz wys haar Switserlandse-huis

Kleinhans-Curd is toe na 'n tronksel geneem, maar het nie genoem hoe lank sy in die tronk was nie. 

Sy sê sy het jare later uitgevind dat iemand glo aspris die lipstiffie in haar handsak gesit het sodat sy moes skuldig lyk. 

Die persoon wie die lipstiffie in haar handsak geplant het, was glo op daardie stadium "jaloers" op Kleinhans-Curd. 

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories