KYK: Amor Vittone vertel oor haar laaste gesprek met Joost van der Westhuizen

KYK: Amor Vittone vertel oor haar laaste gesprek met Joost van der Westhuizen

Sangeres Amor Vittone het onlangs openlik gepraat oor haar laaste gesprek met oud-Springbok Joost van der Westhuizen voor sy dood.

AMORE VITTONE NUUT
Verskaf/ kykNET

In 2017, het oud-Springbok, Joost van der Westhuizen, sy stryd teen motorneuronsiekte op die ouderdom van 45 verloor. 

LEES: Brendan Peyper praat oor skokkende 'Op My Eish!'-oomblik

Die geliefde Amor Vittone en die rugbyheld was Suid-Afrika se eie Victoria en David Beckham. 

Vittone en Van Der Westhuizen was vir 15 jaar getroud. Hulle het twee kinders saam, Jordan en Kylie. 

In 2022, in 'n eksklusiewe onderhoud met 'Kwela', het Vittone openlik gepraat oor haar huwelik met die rugbyheld. 

LEES: Pastoor beweer Bernice West se 'Lyfie' is van hom gesteel

"Ek is steeds lief vir Joost," het sy erken. 

Vittone het ook gepraat oor die skokkende seksskandaal. 

Volgens Vittone, het joernaliste haar gewaarsku oor Van der Westhuizen se skandaal, maar sy het hulle nie geglo nie. Van der Westhuizen het dit glo eers ontken. Sy het hom geglo en steeds by hom gebly.

LEES: Dozi en Nádine se nuwe 'love song' is hier!

"Hoekom sal ek die media glo en nie my man nie."

Van Der Westhuizen het haar in 2010 gedagvaar vir 'n egskeiding en die paartjie se paaie het geskei. Maar na hy gediagnoseer was met motorneuronsiekte (MNS) - het hy besluit om terug te trek om by Vittone en die kinders te wees. 

"Ek was die verpleegster." 

Vittone het onlangs op 'Laataand By Rian' verskyn. 

LEES: Mej. Suid-Afrika Natasha Joubert is verloof!

Sy het vertel oor haar laaste gesprek met haar eksman, Joost van der Westhuizen.

"Ek sal altyd vir julle sorg," het hy aan haar genoem. 

"Hy het ook vir my 'n brief geskryf waarin hy gesê het: 'Vergewe my asb vir dit wat ek aan jou, jou ouers, en aan my kinders gedoen het'".

Sy het ook bygevoeg dat hy genoem het dat sy "die beste ma is".

Kyk na die onderhoud hieronder:  

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories