KYK: Amor Vittone se aantreklike seun word 20

KYK: Amor Vittone se aantreklike seun word 20

Amor Vittone en haar oorlede eksman, Joost van der Westhuizen, se oudste seun, Jordan, het onlangs sy 20ste verjaarsdag gevier. 

Amor Vittone and son Jordan
Facebook/ Amor Vitton

Die sanger en aktrise, Amor Vittone se seun, Jordan, was op sy 20ste verjaardag met sy bekende Springbok-pa Joost van der Westhuizen vergelyk. 

LEES: Verwag Mej. Wêreld Rolene Strauss 'n babadogter?

Met sy donker hare en rooibruin oë is die sportspeler ongetwyfeld sy pa se ewebeeld! 

In 2017, het Joost van der Westhuizen, sy stryd teen motorneuronsiekte op die ouderdom van 45 verloor. 

Jordan, Van Der Westhuizen se oudste kind, was destyds net 13 jaar oud toe sy pa sterf. 

LEES: Armand Aucamp en Sean van Noordwyk is getroud!

 Op Dinsdag, 16 Januarie, het Amor Vittone 'n verjaardagwens aan haar eersgebore seun, Jordan, gedeel.

"Jy het die mooiste siel, hart en maniere. Jou pragtige persoonlikheid is aansteeklik en jy laat mense lag," het Vittone op sosiale media geskryf. 

"Ma is trots op jou," het sy bygevoeg. 

Aanhangers het genoem dat Jordan nes sy pa lyk. 

"Aantreklik nes sy pa," het een persoon gesê. 

LEES: Ontmoet vir 'Groot Kwagga' van Kaapstad

Die geliefde Vittone en rugbyheld, Joost van der Westhuizen was Suid-Afrika se eie Victoria en David Beckham. 

Vittone en Van Der Westhuizen was vir 15 jaar getroud. 

LEES: 'Boer Soek 'n Vrou'-paartjie verloof

In 2022, in 'n eksklusiewe onderhoud met 'Kwela', het Vittone openlik gepraat oor haar huwelik met die rugbyheld. 

"Ek is steeds lief vir Joost," het sy erken. 

LEES: Gewilde 'Top Billing'-aanbieder verloof!

Van Der Westhuizen het haar in 2010 gedagvaar vir 'n egskeiding en die paartjie se paaie het geskei. Maar na hy gediagnoseer was met motorneuronsiekte (MNS) - het hy besluit om terug te trek om by Vittone en die kinders te wees. 

"Ek was die verpleegster." 

LEES: Springbok Handré Pollard se vrou verklap geslag van baba

FOTO: Facebook/ Amor Vittone

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories