Kurt Darren, Rolene Strauss en ander bekendes vier Jo Black se nuwe kuierplek

Kurt Darren, Rolene Strauss en ander bekendes vier Jo Black se nuwe kuierplek

Die gewilde Afrikaanse sanger Jo Black het op Donderdag sy splinternuwe kuierplek aan vriende en familie bekend gestel. 

Kurt Darren, Rolene Strauss en ander bekendes kuier by Jo Black se nuwe kuierplek

Jo Black, Albie Morkel en vennote (Michael de Jongh, Wynand van Zyl en Bierman Smit) het op Donderdag hul splinternuwe sport- en vermaaksentrum, The Bearded Butcher, vir spesiale gaste geopen. 

Dit was die eksklusiewe opening vir media in 622 Breedstraat, Montanapark in Pretoria. Die splinternuwe kuierplek vermaak gaste met onvergeetlike sport, vermaak en die beste kos en drankies. 

Derek Alberts and Janina Oberholzer was die gashere vir die aand en het gaste, uit verskeie sport, sosiale- en mediakringe, verwelkom; waaronder Jacques Rudolph, Chris Morris, David Miller,  Rolene Strauss,  Pierre Spies, Johan Vorster, Kurt Darren, Arno Jordaan, Majozi, Rubber Duc en vele meer; nadat die rooitapytverrigtinge afgehandel is. 

Jacaranda FM se eie Danny Painter was ook een van die gaste. 

"Ek was gisteraand een van die gelukkigste mense nadat ek genooi was vir die opening van 'The Bearded Butcher,' noem Danny Painter. 

"Die kuierplek is perfek, maar ook baie gemaklik - die kos is ook ongelooflik,' verklap Painter.  

LEES OOK: EKSKLUSIEF: Joe Foster verklap meer oor troue en nuwe musiek

Om die aand nog meer opwindend te maak, was daar ook ’n gholfdemonstrasie deur Pro-Golfers en het Dawie Rothman sy vaardigheid as boogskutter ten toon gestel. Dit was ’n emosionele oomblik toe die sangsensasie self die verhoog van The Bearded Butcher geopen het met ’n akoestiese weergawe van Chris Stapleton se Fire Away en so letterlik lewe gegee het aan een van sy eie groot drome; om ’n teater-restaurant te besit. Rubber Duc, Werner Bekker, Janie Bay en Free Beer Cover Band het die gaste verder deur die loop van die aand vermaak en sommer ’n lekker voorsmakie gebied van die vertonings waarna mense kan uitsien wanneer hulle dié kuierplek besoek.

Die sportgedeelte van dié juweel sal spog met ’n wye verskeidenheid sportaktiwiteite, soos boogskutbane, ’n gesofistikeerde hoë-definisie gholfsimulator, ’n winkel met verskeie gholftoerusting, krieketnette, ’n visvangwinkel en vele meer. Volgens Albie, wil hulle ook graag fokus op die sportontwikkeling van kinders by dié sentrum.

The Bearded Butcher gaan verskeie vorme van die kunste na die verhoog bring; van musiek tot verhoogproduksies (met aansitetes) en selfs komediantvertonings. Die kombuis gaan beman word deur die bekende kykNET Kokkedoor-finalis, Linde Watson Graaff, wat ook haar eie kookprogram op SABC 2 het en die spyskaart gaan bestaan uit uitsoekgeregte wat uniek is aan die restaurant met sy rustieke dekortema.

Daar is ’n groot speelplek om die kinders mee besig te hou en gaan ook verskeie kuieropsies beskikbaar wees om aan enige kliënt se vereistes te voldoen. Die restaurant-area is vir diegene wat rustig wil eet, terwyl drankies en Tapasborde (met ’n eg Suid-Afrikaanse aanslag) in die Tapaskroegarea bedien sal word vir klante wat ’n minder formele kuier verkies. Eksklusiewe BBP-bokse, met gemaklike rusbanke, sal ook aan die bokant beskikbaar wees. Die verhoog sal vanuit elke area gesien kan word.

Kurt Darren, Rolene Strauss en ander bekendes vier Jo Black se nuwe kuierplek
Kurt Darren, Rolene Strauss en ander bekendes vier Jo Black se nuwe kuierplek
Kurt Darren, Rolene Strauss en ander bekendes vier Jo Black se nuwe kuierplek

Show's Stories