Oud-Springbok Derick Hougaard veg om sy lewe in hospitaal

Oud-Springbok Derick Hougaard veg om sy lewe in hospitaal

Derick Hougaard (40), het sewe dae gelede "gaan slaap en nooit weer wakker geword nie".

Derick Hougaard
Jacaranda FM

Nadine, oud-Springbok Derick Hougaard, se vriendin, het aan Jacaranda FM bevestig dat hy in die waakeenheid van 'n hospitaal in Pretoria is.

LEES: 'Getroud Met Rugby'-ster verlief en verloof

Hougaard het glo ernstige ontsteking in sy longe. 

Hy het gereeld gekla van lyfseer en erge pyne in sy bors. 

"Hy het wonderlike dokters en verpleegters wat aan hom werk," het Nadine gesê. 

"Ons kan net bid en hoop vir die beste," het sy bygevoeg. 

Hougaard het meer as 110 wedstryde vir die Bulle in alle kompetisies tussen 2002 en 2008 gespeel, wat die Pretoriase-span gehelp het om die 2007 Super 14-titel te wen.

Hy het agt toetse vir die Springbokke gespeel en sy buiging teen Uruguay in Perth gemaak tydens die 2003 Rugby Wêreldbeker.

LEES: 'The Bachelor SA' se Marc Buckner se sexy lyf laat tonge klap

Hougaard het in Julie 2007 sy laaste toets teen die All Blacks in Christchurch gespeel.

Hy het 69 punte vir die Springbokke aangeteken danksy twee drieë, 13 doelskoppe, 10 strafdoele en een skepdoel en was in vier van sy toetse aan die wenkant. 

Sedert hy sy stewels opgehang het, het Hougaard sy hand aan 'n loopbaan in die NFL probeer en aan 'n bekende bokswedstryd teen die Suid-Afrikaanse musikant Francois van Coke deelgeneem. 

Jacaranda FM dink aan Hougaard en sy geliefdes gedurende dié tyd.  

LEES: "Ek is biseksueel," sê gewilde 'Klein Karoo'-akteur se vrou

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories