KYK: Sean van Noordwyk en Armand Aucamp skitter op voorblad

KYK: Sean van Noordwyk en Armand Aucamp skitter op voorblad

Die akteurspaar Armand Aucamp en Sean van Noordwyk is verlief en verloof! Die paartjie skitter tans op die nuuste uitgawe van die Huisgenoot. 

Sean van Noordwyk en Armand Aucamp
Instagram/ Sean van Noordwyk

Die aantreklike akteurspaar Armand Aucamp en Sean van Noordwyk het onlangs op sosiale media gedeel dat hulle al twee jaar in 'n verhouding is. 

LEES: Oulike twee-jarige sing SA volkslied uit volle bors

"Lewe saam met jou is so maklik! So seker. So lekker" het Aucamp op sosiale media gedeel. 

"Dankie Sean. Dankie dat jy vir my daai voicenote gestuur het - ek was nie braaf genoeg nie. Dankie dat jy daai brief vir my geskryf het - ek was nie braaf genoeg nie. Dankie dat jy my onder die Eiffel gevra het - daarvoor WAS ek braaf genoeg, maar jy was een stappie vinniger as ek… Sien uit na álles saam met jou. Love you my boy!"

Aucamp wat ook 'n entrepreneur is het in 2021 Suid-Afrika se eerste Afrikaanse dating-app of toep bekend gestel.

LEES: Demi Lee Moore sing weer 'By Jou' van Theuns Jordaan

"KOER is 'n opregte platform waar mense opsoek is na ware liefde."

"Die platform help ook mense van reg oor die wêreld om met mekaar te kommunikeer en te connect. Mense het 'n behoefte aan geselskap," het Aucamp aan Jacaranda FM genoem. 

Aucamp het nóú ware liefde by Sean van Noordwyk gevind. 

Die paartjie trou ook binnekort en is verskriklik opgewonde oor die pad vorentoe. 

LEES: Ontmoet die tien boere van 'Boer Soek 'n Vrou' 2024

"Lief jou so onsettend baie Armand Aucamp, dankie dat jy in my glo en dat jy my altyd ondersteun," het Van Noordwyk toe op sosiale media gedeel. 

Die paartjie is tans te sien op die splinternuwe uitgawe van Die Huisgenoot. 

"Ek het my mens gevind," het Aucamp op Instagram geskryf. 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories