'Vreemder As Fiksie': Nuwe dokkie-reeks oor rare, maar ware verhale

'Vreemder As Fiksie': Nuwe dokkie-reeks oor rare, maar ware verhale

Almal het 'n storie party vreemder as ander. Soms so vreemd jy kan nie glo dis waar nie.

Vreemder As Fiksie kykNET
Verskaf/ kykNET

In kykNET se nuwe dokumentêre reeks 'Vreemder As Fiksie' word daar diep gedelf in doodgewone mense se lewens wat heeltemal omver gegooi is deur bisarre gebeurtenisse of donker geheime wat op die lappe gekom het. Dié reeks, wat op 1 April 2024 begin het, gun die betrokkenes en familielede die kans om hulle ongelooflike wedervaringe te deel.

LEES: Hannon Bothma se Julius veilig gevind

Izelle Venter, die uitvoerende vervaardiger van die reeks, sê die stories wat gedek word, draai nie om gebeure wat sommer die nuus haal nie. 

"Ons fokus op die stories wat jy nou en dan langs ’n braaivleisvuur hoor en wonder of die vertellers die kat aan die stert beet het. Die reeks delf dieper in dapper mense se lewens wat gekonfronteer is met gebeure en karakters wat jy dink net in storieboeke kan gebeur. Hul naastes en ook kenners werp lig op hul ervarings: Van rare siektes en bonatuurlike gebeure tot wrede familiegeheime. Dis raar maar waar. Inderdaad vreemder as fiksie."

LEES: Patricia Lewis vier seun se 20ste verjaarsdag

Daar is 13 episodes en elke episode fokus op ;n ander familie. Die reeks word vervaardig deur Pop24.

In die eerste episode volg ons die storie van Benita Botha wat byna 20 jaar in die kloue van ’n kultus was. Sy het vir 15 jaar nie met haar ma of suster kontak gehad nie, en in plaas daarvan om die Here se werk te doen, is sy en haar familie vernietig.

Ons ontmoet ook vir Megan van Zyl, wie se hele lewe verander het in 2013 toe sy uitgevind het haar sussie is eintlik haar ma. Hoe leer jy om skielik vir jou sussie 'ma' te sê wanneer jy daarmee saam ontdek jou ma is in der waarheid jou ouma? Megan is steeds besig om haar familiegeheim te probeer verwerk.  

LEES: Reuse luislang ontsnap greep van vyf mans

Cheryl-Ann Mostert was in ’n donker gat toe sy hoor sy het twee baarmoeders, twee servikse én twee vaginas. Sy het eers gedink sy het nierinfeksie, maar in 2012 het sy uigevind wat werklik die geval is. En tog het sy ’n gelukkige gesin.

Dié reeks slaan jou asem weg met ware lewensverhale wat g’n skrywer sou kon uitdink nie. 

'Vreemder As Fiksie' word elke Maandagaand om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Dié dokumentêre reeks sal ook op DStv Stream en DStv Catch Up beskikbaar wees. 

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories