Friday Live: Corlea Botha sing Adele se 'Rolling In The Deep'

Friday Live: Corlea Botha sing Adele se 'Rolling In The Deep'

Corlea Botha het vandag asems weg geslaan met haar weergawe van superster Adele se liedjie 'Rolling In The Deep'. 

Corlea Botha and Martin
Jacaranda FM

Meer as 'n twee dekades terug het die musikant Corlea Botha haar eerste demo CD 'Corlea - My First' vrygestel.

Van toe af het sy Suid-Afrikaners stom geslaan met haar ongelooflike stem en treffers. Vandag is die veelsydige sangeres 'n huishoudelike naam reg oor Suid-Afrika. 

KYK: Angie Oeh laat die skare gons

Onlangs het Botha ook haar verlowing aan haar kêrel van twee-jaar Juandré Marais, ook bekend as JD Mars, bekend gemaak. 

Op 'n plasing op Facebook het die 'Swart Koffie' sanger foto's en 'n video gedeel om haar verlowing bekened te maak. 

"Dit was ‘n magical dag wat ek vir niks sal verruil nie. My hart is gelukkig! I love you JD Mars," het sy op haar plasing geskryf.

KYK: Elandré sing Tina Turner se 'The Best' ter ondersteuning van Vrouedag

Botha is ook te sien op die Afrikaanse-sang program 'Die Kontrak' waar sy as een van die "kenner" op die program dien. 

Ter ondersteuning van Vrouemaand het Martin Bester en die res van die span Donderdag die grootse vroulike musikante in musiek gevier. Elandré het aangesluit by die span en Tina Turner se 'The Best' opgetree om saam te vier.

Op Vrydag sluit Corlea Botha ook by die span aan vir Friday Live. Sy het superster Adele se 'Rolling In The Deep' gesing om deel neem in die viering van die beste vroulike musikante. 

Corlea het ook gepraat oor haar uitrusting wat sy vandag gedra het. Elzaan van der Merwe eienaar van Mamilla Fashions maak klere vir alle vroue van alle groottes. Volgens, Botha glo Van der Merwe "every body is beautiful". 

Corlea outfit
Jacaranda FM

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories