KYK: Karlien van Jaarsveld hou pragtige jagpartyjie vir seun

KYK: Karlien van Jaarsveld hou pragtige jagpartyjie vir seun

Suid-Afrikaanse sanger, Karlien van Jaarsveld het onlangs haar seun se derde verjaardag met ‘n jagtema-partytjie gevier.

Karlien van Jaarsveld en familie
Instagram/ Screenshot

Daar is niks meer opwindend as ‘n maatjie se verjaarsdag wanneer jy klein is nie.

Suid-Afrika se geliefde sangeres Karlien van Jaarsveld weet duidelik hoe belangrik ‘n goeie kinderpartyjie is aangesien sy net die beste uitgehaal het vir haar seun se derde verjaardag. 

LEES: Mbombela-man maak noodlanding na hy slang op vlug ontdek

Die ‘Geskeurde Jeans’- sangeres het oor die naweek foto’s en ‘n video van haar seun, Johannes Sameul se derde verjaardagpartyjie gedeel. 

Op die plasing spog Van Jaarsveld met die oulike jagtema van die parytjie.

Die partytjie was behoorlik opgedoen met klein tentjies, dekor wat met die jag tema pas, en kos en lekkernye wat ook saam die tema gaan. Al die maats het ook in hulle beste jagklere opgedaag.

Van Jaarsveld het ook ‘n plasing gedeel waarin sy haar seun geluk wens op sy verjaardag op 1 April.

“3 jaar oud vandag… Johannes Samuel, jy is my wilde boskind wat net bokke wil skiet en my hand wil vashou deur alles… jy sal seker vir altyd my baba bly ek geniet jou lewe so!!! Lief vir jou my 1 April baba.” 

KYK: SA aktrise Diaan Lawrenson vang graad op 44

Johannes Samuel is die sangeres se tweede kind saam haar man Joe Breytenbach. Hulle het ook ‘n dogter, Elah (5). 

Die bekende sangeres het ook ‘n tweeling seuns, Daniel en Eliah, uit haar vorige huwelik met Derick Hougaard.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories