EKSKLUSIEF: Avril Albetti praat oor 'Die Brug' ervaring

EKSKLUSIEF: Avril Albetti praat oor 'Die Brug' ervaring

Model en entrepreneur Avril Albetti het onlangs die land aan die gons gehad nadat sy as leier in die kykNET-realiteitsreeks 'Die Brug' gekies was. 

EKSKLUSIEF: Avril 'Die Liefling' Albetti praat oor 'Die Brug' ervaring
Verskaf

'Die Brug' is 'n populêre kykNET-program waar 12 vreemdeling moet saamwerk in die hoop om weg te stap met R1-miljoen...

VIDEO: Man roasted for "truly awful" relationship tattoo

Kykers en deelnemers weet nie of die wengeld gedeel gaan word of nie.

Elke episode is vol drama, maar ook samewerking en omgee.

Avril Albetti is 'n entrepreneur en voormalige internasionale model.

Albetti het al die wêreld getoer, Hollywood supersterre ontmoet, en het hard gewerk om die vlak van sukses te bereik wat sy nou kan geniet.

LEES MEER: "Gentlemen will not introduce themselves to ladies", says new bar

Albetti het ook tydens episode ses van 'Die Brug' vertel dat sy destyds in Amerika was, waar sy vir Clint Eastwood by 'n première ontmoet het. 

"Dit was interesting. Ons het seker vir agt of nege maande ge-date. Dit was mal, dit was mal!”

Sy het die span meer vertel oor haar ontmoeting met die bekende akteur. 

"Ek het vir hom ontmoet toe ek in Amerika was. Ek was saam met een van die ander modelle wat in Suid-Afrika gewerk het. Sy is oorspronklik van Tanzanië, maar sy het in Amerika gebly."

VIDEO: Woman has fine system for when husband is late

Sy het al baie uitdagings teëgekom, maar sy het besluit dit tyd is vir iets wat haar uit haar gemaksone gaan plaas en so het sy deel geword van 'Die Brug'-span.

Op die reeks, het sy vinnig besef sy is nie almal se gunsteling nie, maar sy het bly fokus op dit wat vir haar belangrik was, op televisie en in haar daaglikse lewe.

Rozanne McKenzie en Rob Forbes het die geleentheid gehad om met hierdie formidabele vrou te gesels oor haar tyd op 'Die Brug', die vriende en vyande wat sy daar gemaak het, en wat nou vir haar voorlê.

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media:

Foto: Verskaf

Meer op Jacaranda FM


Show's Stories