Hoërskool Waterkloof-broers kry internasionale erkenning vir hulle 'app'

Hoërskool Waterkloof-broers kry internasionale erkenning vir hulle 'app'

Gerthyo (18) en Wilando (16) Ferreira het na 'n traumatiese ervaring besluit om die hartseer in hulp te omskep.

Gerthyo en Wilando Ferreira ontwikkel app wat geestesgesondheidsprobleme in tieners identifiseer
Hoërskool Waterkloo Facebook

Net twee jaar terug het die Ferreira-broers die tragiese nuus gekry dat een van hulle skoolmaats hulle eie lewe geneem het.

KYK: Mila Guy en Bennie Fourie is getroud!

Die broers het hulpeloos gevoel en gewonder: "Wat kon ons doen om te help?"

Hulle het toe die idee gekry vir hulle app.

Gerthyo en Wilando het begin werk aan 'n app wat fokus om tieners te help wat dalk met diep en donker gevoelens sukkel.

LUISTER: Pretoria musikale broer-duo gaan oorsee toer!

Die app werk deur om geestesgesondheidsprobleme vroegtydig in jongmense te identifiseer en sal hulle dan die nodige hulp bied.

Deur 'n eenvoudige vraelys in te vul op jou foon, rekenaar of tablet, sal die app die antwoorde van die vraelys gebruik om angs, selfskending en depressie in tieners te identifiseer.

KYK: 'Binnelanders' akteur Clint Brink verwelkom babadogter

Die broers het in samewerking met 'n IT-maatskappy, Segametsi Hope Expertise, die app ontwikkel en het onlangs die geeleentheid gehad om Spanje toe te gaan waar hulle by 'n internasionale expo vir jong wetenskaplikes, XXIV Exporecerca Jove, twee groot pryse gewen.

KYK: Voormalige Mnr. en Mej. Suid-Afrika vier #BabaBergh se eerste maand!

Die broers is baie trots op hulle pryse, maar hulle is meer opgewonde oor die feit dat skole in Suid-Afrika en Spanje hulle toepassing aktief wil begin gebruik.

Gerthyo het aan Huisgenoot gesê: "Die doel is nie net om lewens te red nie, maar om mense bewus te maak daarvan dat as ons nie na mekaar kan kyk nie, gaan niemand na ons kyk nie."

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer op Jacaranda FM


Show's Stories