EKSKLUSIEF: Leandie du Randt gesels oor nuwe kykNET-drama 'Hartklop'

EKSKLUSIEF: Leandie du Randt gesels oor nuwe kykNET-drama 'Hartklop'

Dokters en drama is nog altyd 'n wen-kombinasie in die televisiewêreld en nou is daar 'n nuwe trotse Suid-Afrikaanse reeks om na uit te sien!

EKSKLUSIEF: Leandie du Randt gesels oor nuwe kykNET-drama 'Hartklop'
Verskaf

As jy nog altyd iets soos 'Grey’s Anatomy', 'The Good Doctor', 'Chicago Med' of 'New Amsterdam' in Afrikaans en binne 'n plaaslike konteks wou sien, sal dié nuwe reeks beslis jou hart vinniger laat klop. 

KYK: 'Suidooster' se Marco Spaumer verloof aan bekende radio-omroeper

Die drama spog met bekende akteurs soos Simoné Pretorius, Renate Stuurman, Dawid Minnaar, Leandie du Randt, David Louw, Jacques Bessenger, Oros Mampofu, Carla Classen en Marlee van der Merwe in die rolverdeling.

Die reeks is deur Zoë Laband ('The Girl from St. Agnes') geskryf en die regisseurs is Harold Hölscher ('Ludik') en Christo Davids ('Spoorloos').

LEES: "Voetsek!": Man has the most South African reaction to rhino attack

Maar hoeveel van die mediese wêreld moet mens regtig weet wanneer jy 'n rol vertolk of aan so 'n produksie werk? Wat gaan werklik aan agter die skerms van so 'n reeks? 

Rob Forbes en Rozanne McKenxie is onsettend opgewonde oor hierdie splinternuwe reeks en het met geliefde aktrise Leandie du Randt gesels.

'Hartklop' sal op Dinsdag 18 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en sal ook op Catch Up beskikbaar wees.

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media:

Foto: Verskaf

Meer op Jacaranda FM


Show's Stories