'Projek Dina' sorg vir naelbyt-aksie in die derde seisoen

'Projek Dina' sorg vir naelbyt-aksie in die derde seisoen

Die gedugte taakspan van Kaapstad keer terug om weer alles in die stryd te werp om misdade op te los en uit te vind wie die meesterbrein is agter die sindikaat wat hulle sedert seisoen een ondersoek.

Projek Dina
Jacaranda FM

'Projek Dina' begin 9 Mei 2023 op kykNET (DStv-kanaal 144) en dis nie net die sake wat drama veroorsaak nie, maar ook die konstante veranderinge in die taakspan se persoonlike lewens wat almal  se senuwees rou skaaf.

LEES: Mel Die Storieverteller: Van skrywer tot TikTok-ster

Die derde seisoen het tien episodes en elke episode bevat een of twee verskillende sake wat om vermiste persone draai. Elke saak wat die span ondersoek, is geïnspireer deur werklike Suid-Afrikaanse gevalle. Nicci Rheeder van Missing Children SA en Marcel van der Watt, wat vir jare aan talle sulke sake gewerk toe hy lid van die SAPD was, het as konsultante gedien vir die skryfspan. Marcel is tans in Washington, Amerika, waar hy die direkteur van ’n navorsingsinstituut is.

Ronel (Chanelle de Jager), Lux (Chumani Pan) en Charlie (Kay Smith) is weer op hulle pos, maar Deon (Tim Theron) is gevra om met ’n buitelandse saak te help. Daarom stel Deon vir Zander (Laudo Liebenberg) aan om as hoof van die taakspan oor te neem.

Laudo Liebenberg is nie al nuwe gesig nie – Deon Coetzee, wat vir sy rolle in 'Egoli' en 'Binnelanders' bekend is, Arno Greeff, Cintaine Schutte, Frank Rautenbach en Corine du Toit is almal deel van die aksie in die nuwe seisoen.

LEES: Hoërskool Waterkloof-broers kry internasionale erkenning vir hulle 'app'

Die taakspan werk in ’n drukkoker-omgewing – met elke verdere uur wat iemand vermis bly, verminder die waarskynlikheid dat die persoon nog lewend gevind sal word. Dié wedloop teen tyd is emosioneel uitmergelend en persoonlike verhoudings ly daaronder. En wanneer jy dan nog vier heel uitlopende persoonlikhede het wat onder hierdie druk moet saamwerk, is konflik onvermydelik. Maar ten spyte van al die spanning en interpersoonlike ontploffings, staan dié span altyd saam wanneer dit tel.

In seisoen twee het Ronel uiteindelik vir Dina opgespoor en is dié twee herenig, maar in seisoen drie verloop dinge nie soos Ronel gehoop nie. Dina het baie trauma om te verwerk en hoe harder Ronel probeer om haar te help, hoe meer stoot sy haar weg. Sal Ronel vir Dina kan oortuig om die waarheid te praat? Sal albei sussies dapper genoeg wees om hulle eie probleme in die gesig te staar?

LEES: Rob Forbes en Rozanne McKenzie gesels met man van Pakistan wat vlot Afrikaans praat!

Aan die einde van seisoen twee het Charlie en Lux mekaar in ’n romantiese soen gevind. In seisoen drie is dié paartjie steeds in ’n verhouding, maar nie sonder haakplekke en uitvalle nie. Charlie is gesond ná haar skietwond, maar sy is nog nie emosioneel op die plek waar sy wil wees nie. En die feit dat Lux uit sy pad uit gaan om vir Charlie te beskerm, veroorsaak wrywing in hulle verhouding. Charlie soek meer ruimte om kop skoon te maak. Lux voel egter skuldig dat Charlie geskiet is en wil alles in sy vermoë doen om op te maak daarvoor. Maar is dit dalk te laat?

Die span is hartseer dat Deon hulle verlaat en het baie vrae oor wie die vreemde karakter is wat hy as hul nuwe leier aangestel het. Zander is beslis nie jou deursneemens nie. Hy dink in kurwes en vier dimensies. Volgens Deon is hy die beste speurder waarmee hy al ooit gewerk het, maar sal die span ooit met hom oor die weg kom en het Deon hom nie dalk misgis nie?

KYK: Mila Guy en Bennie Fourie is getroud!

Roberta Durrant, vervaardiger van 'Projek Dina, sê die derde reeks gaan kykers op die punte van hulle stoele en aan die raai hou.

'Projek Dina' begin op 9 Mei 2023 om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Dié seisoen het Engelse onderskrifte en sal ook op DStv CatchUp beskikbaar wees.

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media:

Foto: Verskaf

Meer op Jacaranda FM


Show's Stories