Rob Forbes en Rozanne McKenzie gesels met man van Pakistan wat vlot Afrikaans praat!

Rob Forbes en Rozanne McKenzie gesels met man van Pakistan wat vlot Afrikaans praat!

Jy sal nie jou ore glo nie, maar die man is nie eers Suid-Afrikaans nie.

Pakistan teacher teaches locals Afrikaans
@irfan_ik_/TikTok

Rob Forbes en Rozanne McKenzie het onlangs op Irfan se video's afgekom en het besluit hulle moet meer uitvind!

Hulle het in kontak gekom met die "Meneer van Kakamas" en het vir hom die vraag gevra at op almal se lippe hang: Hoe kan hy so mooi Afrikaans praat?

Luister na hulle gesprek hier:

Toe Suid-Afrikaners videos begin sien het van 'n man in Pakistan wat Afrikaans praat op die sosiale media platform TikTok, het baie gedink dis 'n grap of dat hy eintlik van Suid-Afrika is.

LEES: KYK: Voormalige Mnr. en Mej. Suid-Afrika vier #BabaBergh se eerste maand!

Hulle het vinnig geleer dat dit glad nie die geval is nie!

LEES: KYK: Nieu-Seelandse TikToker skok kykers deur vlot Afrikaans te praat

Die TikTok-ster en Afrikaanse "Meneer", soos hy nou bekend staan, is van Pakistan en leer graag vir die mense in sy dorp hoe om Afrikaans te praat.

Niemand weet hoe hy die taal geleer het of hoekom hy dit vir sy gemeenskap leer nie, maar een ding is verseker: hy is mal oor die taal!

LEES: Sexualised 'Teletubbies' scene leads to parents banning kids from watching

Meeste van sy plasings op die platform is van hom en sy vriende/leerlinge wat in Afrikaans gesels:

@irfan_ik_ I’m back with Afrikaans 😂😂😂#❤️🇿🇦❤️🇿🇦❤️🇿🇦❤️🇿🇦❤️🇿🇦🇿🇦🇿🇦🇿🇦🇿🇦❤️🇿🇦❤️🇿🇦❤️🇿🇦❤️🇿🇦❤️🇿🇦❤️🇿🇦❤️🇿🇦🇿🇦 ♬ Funny Song - Cavendish Music

Vandat meer en meer Afrikaners sy videos begin kyk het, het hy baie populêr op die platform geword en antwoord hy gereeld kykers se vrae.

LEES: New Netflix show is considered to be the best they have created!

Selfs die vrae wat aan home gestuur word is in Afrikaans en hy antwoord hulle met geen huiwering nie!

Hy plaas ook video's van sy leerders. Hier is een van hulle wat Afrikaans praat:

@irfan_ik_ Replying to @ricardodevries24 ♬ original sound - irfan_Ik
@irfan_ik_

My TikTok Afrikaans family ues this sound and dute my video 😂😂😂Beeeennnnnrrrrrr

♬ original sound - irfan_Ik
@irfan_ik_ Replying to @priscillajantjies5 good morning South Africa #🇿🇦❤️🇿🇦❤️🇿🇦❤️🇿🇦❤️🇿🇦❤️🇿🇦❤️🇵🇰❤️🇵🇰❤️🇵🇰❤️🇵🇰❤️🇵🇰❤️🇵🇰❤️🇵🇰❤️🇵🇰❤️🇦🇫❤️🇦🇫❤️🇦🇫❤️🇦🇫❤️🇦🇫❤️🇦🇫❤️ #instagram #ik__11khan ♬ Laughing - Gianluca Marino

Ons mag dalk nie weet waar hy Afrikaans geleer het nie, maar hy het definitief baie vinnig in mense regoor Suid-Afrika se harte geklim!

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer op Jacaranda FM


Show's Stories