Bekendes bring hulde aan ikoon Shaleen Surtie-Richards
Updated | By Scenic Drive With Rian
Suid-Afrika is in rou na die skielike dood van die ikoniese aktrise, Shaleen Surtie-Richards.

Op Maandag, 7 Junie, het Suid-Afrika die hartseer nuus ontvang dat die ikoniese aktrise, Shaleen Surtie-Richards (66) oorlede is.
Volgens Netwerk24, is Surtie-Richards dood in 'n gastehuis gevind. Die oorsaak van haar dood is nog nie bekend nie.
LEES: Die Scenic Drive vier Vrouemaand: Shaleen Surtie-Richards
Surtie-Richards is veral bekend vir haar rol as 'Nenna Willemse' in die sepie, 'Egoli' asook vir haar rol as 'Fiela Komoetie' in die legendariese film, 'Fiela Se Kind'.
Sy was in die Kaap om aan die kykNET-telenovelle, 'Arendvlei' te verfilm.
LEES: Shaleen Surtie-Richards verklap haar mees ikoniese rolle
Die veteraan aktrise word bestempel as een van Suid-Afrika se mees bekroonde aktrises.
Deur die jare as aktrise, het Surtie-Richards met verskeie akteurs gewerk. Na die skielike afsterwe van die geliefde aktrise, het bekendes hulde gebring aan die ikoon.
Nog ander bekendes het hulde gebring aan Surtie-Richards.
Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae vanaf 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Foto: Facebook/ Brümilda van Rensburg
Show's Stories
-
Video: Man achieves balancing act on his fingers
This man balancing on his fingers makes the impossible look effortless.
The Workzone with Alex Jay 21 hours ago -
Mother elephant thanks man for giving baby elephant water
As we celebrate a day that comes with sadness and triumph, we look at th...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 21 hours ago