Bobby van Jaarsveld gesels oor hoofrol in 'Spoorloos: Die Eiland'
Updated | By The Afternoon Drive
Een van Suid-Afrika se gunsteling-goue-seuns, Bobby van Jaarsveld gesels oor al die drama, intrige en raaisels in 'Spoorloos: Die Eiland'.

Bobby van Jaarsveld vertolk die rol van 'Stefan' in die nuwe seisoen van 'Spoorloos: Die Eiland' op kykNET.
KYK: 'Getroud Met Rugby'-aktrise verklap opwindende nuus!
Kykers sal hom onthou vir flieks soos 'As Jy Sing' en 'Liefling'. Hy het ook in die kykNET-komedie 'Mense Mense' gespeel en het as beoordelaar in 'The Voice' opgetree, maar hierdie is sy eerste rol in ‘n TV-drama.
Die ekstatiese van Jaarsveld het voorheen op sosiale media vertel, "Ek is so ongelooflik opgewonde hieroor. Dis die eerste keer dat ek so ’n ernstige rol vertolk,” sê Bobby. “Dis vir my ’n groot voorreg om deel van die produksie te kon wees – 'Spoorloos' se kwaliteit is next level”.
LEES: 'Troukoors'-aktrise word vir 'n SAFTA benoem
Van Jaarsveld het min bekendstelling nodig en is professioneel bekend as 'n Suid-Afrikaanse popsanger-liedjieskrywer en akteur. Hierdie drievoudige, talentvolle kunstenaar wie `n Paarl -boorling is, het lank gewag om só tipe rol te vertolk.
Soos met die vorige seisoene, is 'Spoorloos: Die Eiland' ’n losstaande spanningsverhaal met nuwe karakters en ’n nuwe storielyn. In die jongste seisoen word ’n avontuurlustige argitek, Stefan Claassen, se lewe in chaos gedompel wanneer 'n toevallige ontmoeting met sy lang verlore liefde nie net sy gevoelens vir haar opnuut laat opvlam nie, maar hom in 'n web van bedrog intrek wanneer sy vermis raak.
LEES: Is dit 'n seun of dogter vir Khloé Kardashian en Tristan Thompson?
'Spoorloos' begin op 19 Julie 2022 om 20:00 op kykNET, kanaal 144.
Kyk die volledige lokprent van 'Spoorloos: Die Eiland' hieronder:
Skakel in op die 'The Afternoon Drive', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af:
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Get your Premier League predictions and join our FPL
Football season is upon us so get your predictions in and join our FPL.
The Drive with Rob & Roz 1 day, 4 hours ago -
Week In Review: The Round-up with Rob & Roz
Birthday week, Accidental thefts, Fantasy Premier League, SA's most fast...
The Drive with Rob & Roz 1 day, 5 hours ago