'Die Byl' se Waldemar Schultz en span terug vir vierde seisoen

'Die Byl' se Waldemar Schultz en span terug vir vierde seisoen

Die vierde seisoen van 'Die Byl' laat kykers raai, ril en gil. Die gesoute akteur Waldemur Schultz gesels oor sy rol en die splinternuwe seisoen. 

Waldemur Schultz
Jacaranda FM

Die splinternuwe seisoen van 'Die Byl' word elke Sondagaand uitgesaai. 

LEES: Dominee met rooi lippe het SA aan die gons

Daar is tien dubbelepisodes, met ander woorde een ondersoek strek oor twee episodes. In elke dubbelepisode is daar ’n reeksmoordenaar op wie 'Byl' en sy span se spoor is, maar daar is ’n deurlopende storielyn wat kykers vasgenael gaan hou: ’n psigopaat wat ‘n wye sirkel van invloedryke mense in sy sak het.

LEES: Nuwe Showmax-reeks het land aan die gons

Waldemar Schultz is terug as 'Byl', Marvin-Lee Beukes is weer te sien as 'Juan Stuurman' en Milan Murray is 'Nicki Swanepoel'. Trudy van Rooy is 'Dr. Shani van Rooi', maar hierdie keer moet sy op haar eie klaar kom ná die dood van Dr. Fritz Barnard (Eric Nobbs). Kaptein Lena Evans (Lika Berning) is ook terug, maar in hierdie seisoen moet sy nie net fokus op haar werk nie, maar ook op haar familielewe.

LEES: Ontmoet 'Boer Soek 'n Vrou' se top-5 boere

Die veelsydige Suid-Afrikaanse akteur Sean Cameron Michael, wat al in internasionale reekse soos 'Black Sails' en 'MacGyver' te sien was, is te sien as 'Vermeer', die skurk van die seisoen. Frank Rautenbach en Amalia Uys is ook deel van die rolverdeling, maar waar hulle presies inpas, sal kykers moet wag en kyk.

Die Byl se vierde seisoen is elke Sondag om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) te sien.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer Op Jacaranda FM


Foto: Jacaranda FM

Show's Stories