KYK: Nuwe Showmax-reeks het land aan die gons

KYK: Nuwe Showmax-reeks het land aan die gons

“Ek sou so ver gaan as om te sê dat hierdie die mees kontroversiële reeks gaan wees wat al ooit op Suid-Afrikaanse televisie uitgesaai is," sê vervaardiger Rian van Heerden.

Sex In Afrikaans
Verskaf

'Sex In Afrikaans', wat op Valentynsdag, 14 Februarie 2022 op Showmax vrygestel word, volg kliniese sielkundige Bradley R Daniels soos hy vier Afrikaanse paartjies en twee enkellopendes help om vir die eerste maal skaamtelose gesprekke oor hulle sekslewe te voer, en in die proses ontdek dat daar soveel meer pret is om te hê! 

LEES: Ontmoet 'Boer Soek 'n Vrou' se top-5 boere

Daar is onderhoude met sekswerkers, die eienaars van volwasse-winkels, ‘n unicorn, swingers, ‘n fopdosser, mense wat soos babas aantrek en ander wat vollengte latex-pakke verkies, so 'Sex In Afrikaans' sal ‘n toer bied van wat jou bure en kollegas agter geslote deure aanvang, wat die oë sal laat rek.

LEES: Waldimar Pelser: Ontmoet kykNET se nuwe hoof

“Ek het elke dag iets nuuts geleer op 'Sex In Afrikaans,” sê Bradley, wat ‘n meestersgraad in kliniese sielkunde van New York Universiteit het. “Dit was ‘n wonderlike gevoel om te sien hoe dinge wat ek in handboeke geleer het, in die praktyk bymekaar kom. Ek dink dit is dieselfde in alle konserwatiewe gemeenskappe. Niemand praat werklik oor seks nie; dis ‘n sensitiewe onderwerp. Selfs mense wat hulleself as liberaal beskou sukkel om oor seks te praat, want baie mense het nie geskikte taal vir seks en seksuele praktyke nie. ‘n Groot deel van ‘n seksuele gesondheidspraktisyn se werk is om vir mense die geskikte taal te gee. Ons het soveel pret gehad, maar ek is ook ‘n ernstige akademiese persoon, so die program is ook opvoedkundig en leersaam.”

LEES: SA-sjef kook terwyl sy slaapwandel

Hierdie grensverskuiwende, slegs-vir-wolwassenes Showmax Original word vervaardig deur media-persoonlikheid Rian van Heerden se maatskappy, Provoco. 

"'Sex In Afrikaans' is een vir die boeke,” sê Van Heerden. 

LEES: Gewilde 'Binnelanders'-akteur verloof!

“Ek sou so ver gaan as om te sê dat hierdie die mees kontroversiële reeks gaan wees wat al ooit op Suid-Afrikaanse televisie uitgesaai is.” 

'Sex In Afrikaans' debuteer op Valentynsdag, 14 Februarie 2022, net op Showmax. 

Kyk die lokprent: 

Meer hieronder: 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories