Konings van optel en afskud: Gerhard Steyn en Alvin Bruinders gesels oor gewigsprobleme

Konings van optel en afskud: Gerhard Steyn en Alvin Bruinders gesels oor gewigsprobleme

Die akteur-en-sanger-duo het met Rian van Heerden gesels oor hul stryd met oortollige gewig. 

Alvin Bruinders en Gerhard Steyn
Verskaf/ VIA

In 2018, was die twee boesoemvriende, sanger Gerhard Steyn en akteur Alvin Bruinders, as 'Konings Van Kitskos' gedoop. 

Hulle neem kykers op ’n reis na die lekkerste kitskos-eetplekke en ontmoet die mense wat die kos voorberei.

LEES: EKSKLUSIEF: Joernalis se verhouding met Krugersdorp-reeksmoordenaar eindig

Elke dag het hulle twee restaurante in die noorde besoek, vier maaltye per restaurant geproe - agt maaltye per dag of episode.

“Dis jou werk, so, jy kan nie terughou nie. Jy moet smul, lekker eet en dit geniet!" het Steyn genoem.

Gedurende die loop van die program het Steyn 149 kg geweeg. 

Gerhard Steyn
Jacaranda FM

Sy mede-aanbieder, Alvin Bruinders, wat toe ook 151 kg geweeg het, het dieselfde ervaring gehad. 

Met die splinternuwe VIA-program, 'Skud Dit Af' moes Steyn en Bruiners gewigverloor en 'n gesonder leefstyf handaaf.

LEES: FOTO'S: Gewilde 'Boer Soek 'n Vrou'-paartjie verloof

Maar Steyn moes eers ’n bietjie moed in gepraat word voordat hy ingestem het om deel te neem aan nóg ’n VIA-program.

Tot sy verbasing het die 'ligter Steyn' saans meer energie vir sy dogters. Sedertdien het hy 13 kg vet verloor en 14 kg spiermassa opgetel.

LEES: "Ek is honger vir 'n nuwe rol"- Sean van Noordwyk groet sy geliefde karakter

Alvin het 24 kg verloor en weeg nou 128 kg. 

Alvin en sy vrou, Anrika, oefen nou vier dae per week in die gimnasium. Hy het ook ’n afrigter om hom met sy nuwe doelwit te help om nog 25 kilo’s te verloor en om spiere te bou. 

Alvin Bruinders
Jacaranda FM

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Verskaf

Show's Stories