KYK: Elandré sing 'Binne & Buite' in gewilde sepie

KYK: Elandré sing 'Binne & Buite' in gewilde sepie

Watter beter manier is daar om ’n langnaweek mee af te skop as met ’n behoorlike jol? 

Elandré
Verskaf

En aangesien ons in die ritme van ’n nuwe normaal is en bekend geraak het met virtuele kuiers, is ’n afspraak voor die kassie presies wat ons voorstel.

LEES:  'Wat Dit Vat' met Loki Rothman binnekort op die kassie!

Kykers en aanhangers van 'Getroud Met Rugby' was Donderdagaand, 23 September 2021 deur die sangsensasie, Elandré vermaak. 

LEES: KYK: 'Kaalgat Karel' is die humoristiese verhaal van ’n dertigjarige kaalnaeler

Hy het sy jongste treffer, 'Binne & Buite' gesing.

LEES:  Marion Holm maak verskyning in gewilde sepie

Elandré sê: “Dit was ’n fees om op stel te wees. Daar was ’n ware Saterdagaand gevoel. Die feit dat die legendariese Elzabé Zietsman in die gehoor was, was waarlik die kersie op die koek. Dit was ook so aangenaam om op te vang met Christel, David en klein Daniel. Babysitting in die DJ Booth!”

Kyk na die optrede hieronder: 


'Getroud Met Rugby' wys weeksdae om 18:00 op kykNET, DStv kanaal 144. Dit is ook op DStv Catch Up en Showmax beskikbaar.  

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Verskaf

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories