'Wat Dit Vat' met Loki Rothman binnekort op die kassie!

'Wat Dit Vat' met Loki Rothman binnekort op die kassie!

Ons ken vir Loki Rothman as ’n kitaarvirtuoos en musiekvervaardiger, maar het hy die vaardighede om ’n doodgewone ou of meisie in Suid-Afrika se nuutste popsensasie te verander?

Loki Rothman
Verskaf

Eers het dit begin met ’n Instagram-inskrywing. En nou probeer Loki Rothman hierdie sosiale eksperiment op nasionale televisie.

kykNET se nuwe realiteitsreeks 'Wat Dit Vat' beloof hope pret en vermaak.

LEES: KYK: 'Kaalgat Karel' is die humoristiese verhaal van ’n dertigjarige kaalnaeler

Rothman het vroeër die jaar ’n video gedeel op sosiale media waar hy sy volgelinge gevra het of hulle dink hy moet sy jarelange vriend Pieter-Niel Muller in ’n popster verander.

Die terugvoer was toe so oorweldigend dat Loki sy volgelinge saam op ’n reis vat waar hy Pieter-Niel van logistieke bestuurder na popster verander. En nie lank daarna nie, is ’n televisieprogram daaruit gebore!

LEES: Marion Holm maak verskyning in gewilde sepie

Nou is Rothman tesame met die vervaardigers van die program, besig om drie Jan Allemans met net genoeg talent om ’n noot te hou, te omskep in ’n ster. Rothman het deelnemers op sy Instagram gevra om in te skryf vir die program.

Hy het drie liedjieskrywers, Early B, Appel en Hunter Kennedy gevra om vir elk van die drie deelnemers ’n liedjie te skryf wat Loki dan help vervaardig.

LEES: Nataniël en Emsie Schoeman deel COVID-19-etiket

 “Ek daag myself uit as musiekvervaardiger met hierdie eksperiment waar ons kyk of ons enige persoon ongeag van talent of looks in ’n popster te kan verander. Ek is in die diepkant gegooi om die aanbieder ook te wees van die program. Dis ’n eerste vir my, maar dis ’n lekker uitdaging. Ek glo sterk ’n mens groei nooit as jy in jou gemaksone bly nie. So hier’s ek nou van kitaarspeler na op jou kassie,” skerts Rothman

 Vervaardiger Jaco Nothnagel verduidelik dat die drie deelnemers deur die hele proses gevat word – van die eerste keer in ’n studio tot die beplanning van hul nuwe look.

LEES: LUISTER: Patricia Lewis is terug met nuwe liedjie na 11-jaar

 Elk van die deelnemers kry hul eie musiekvideo wat in die laaste episode van die reeks uitgesaai word.

Loki gesels ook op Zoom met verskeie bekendes in die bedryf en vra eenvoudig: “Wat vat dit om ’n popster te maak?” Hierdie kenners gee ook advies uit persoonlike ervaring oor verskeie onderwerpe wat dan deurgans gevleg word met die inhoud van die program. 

LEES: KYK: Rian van Heerden soek SA se volgende miljoenêr

Van die bekende gesigte na wie kykers kan uitsien is Arno Carstens, Leah, Francois van Coke, Elandré, David Kramer, Kurt Darren en Riana Nel.

'Wat Dit Vat' begin 4 Oktober 2021 om 20:30 net op kykNET, DStv-kanaal 144.

Foto: Verskaf

More From Jacaranda FM


Show's Stories