KYK: Rian van Heerden speel 'Wie Word 'n Miljoenêr?'

KYK: Rian van Heerden speel 'Wie Word 'n Miljoenêr?'

Vanaand om 20:00 is Rian van Heerden in die aanbiederstoel van die speletjiesprogram, 'Wie Word 'n Miljoenêr?' Maar hoe goed sal hy vaar? Ons het sy kennis getoets. 

Rian van Heerden
Verskfa/ kykNET

Die wêreld se grootste en gewildste vasvraprogram, 'Who Wants To Be A Millionaire', is terug in Suid-Afrika. 

Die Afrikaanse weergawe, 'Wie Word ‘n Miljoenêr?', word op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. 

LEES: Rian van Heerden soek SA se volgende miljoenêr

Dié gewilde radio- en televisiepersoonlikheid, Rian van Heerden sê die spanning wat deurgaans in episodes vertoon word, is deel van die program se wenresep.

“Kykers sit vasgenael voor die TV om saam te speel, om sodoende te probeer bewys dat hy of sy daai miljoen rand kan wen!”

"In die program, is dit net jy en een deelnemer vir ’n groot gedeelte van die episode, en terselfdertyd moet jy ’n vriend én vraesteller wees.”

LEES: Tien interessante feite oor 'Wie Word 'n Miljoenêr?'

Met die opwindende debuut van die Afrikaanse weergawe, het die Scenic Drive-span besluit om dinge bietjie te verander. 

Die span het besluit om Van Heerden in die deelneemerstoel te plaas - om te kyk hoe goed sy kennis is. 

In die aanbiederstoel was professor Gerhard van Huyssteen. Professor Van Hyssteen is 'n professor in Afrikaanse taalkunde en rekenaarlinguistiek. 

Kyk na die spanningsvolle oomblikke hieronder: 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Verskaf/ kykNET

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories