Tien interessante feite oor 'Wie Word 'n Miljoenêr?'

Tien interessante feite oor 'Wie Word 'n Miljoenêr?'

Hier is ’n handvol interessanthede oor dié speletjiesprogram met Rian van Heerden! 

Rian van Heerden
Verskaf/ kykNET

1. Daar is oulike Afrikaanse benamings vir die bekende hulplyne - “Ask The Audience” is "Oor Na Die Gehoor" en en “Phone A Friend” is “Bel 'n Pêl”. Die derde hulplyn is 50/50, wanneer daar twee van die verkeerde opsies van die vier moontlike antwoorde verwyder word en een regte en een verkeerde antwoord oorbly. Vir “Oor Na Die gehoor” word die gehoor in die ateljee gevra om vir die regte antwoord te stem. Met “Bel 'n Pel” mag die deelnemer 'n kennis bel wat dan binne 30 sekondes vir die deelnemer moet help.

LEES: KYK: Adele stééds verlief op Prins Harry

2. Daar is meer as 2 000 inskrywings binne twee weke ontvang en almal wat ingeskryf het, moes 'n kort algemene kennis toets aflê. Diegene wat deurgedring tot ‘n volgende rondte moes 'n individuele onderhoud en ’n tweede algemene kennis toets aflê. Op die ou einde is daar 156 kandidate gekies wat oor 26 weke meeding.

3. In elke episode speel ’n groep van ses mense “Vinnigste Vingers” vir 'n plek in die vuurwarm stoel, of soos die Britte dit noem die "Hot Seat”. Vinnigste Vingers is die gelykmaker en bepaal wie in elke rondte in die vuurwarm stoel gaan beland. Dié spel vereis dat die deelnemers vier opsies in 'n spesifieke volgorde plaas – byvoorbeeld chronologies, alfabeties, oud na jonk, Noord na suid of volgens datum.

LEES: 'Wat Is Waarheid' - Nuwe reeks ondersoek samesweringsteorieë

4. Daar is twee vangnette, R10 000 en R40 000, waar ‘n deelnemer geld kan bank en sal waarborg dat die deelnemer met 'n minimum bedrag huis toe kan gaan. Spelers het altyd die opsie om weg te stap met die geld wat hulle tot op 'n sekere vlak op die prysleer gewen het. Om die miljoenrand te kan wen, moet ’n deelnemer vyftien vrae korrek beantwoord.

5. Die aanbieder, Rian van Heerden, wat ook bekend is as ’n omroeper op Jacaranda FM, het al voorheen ’n speletjiesprogram, 'Op Die Spel', op kykNET aangebied. In 'Op Die Spel' is deelnemers se Afrikaanse spel- en taalvaardighede getoets.

LEES: Só voel Scott Disick oor Kourtney Kardashian se verlowing

6. Dit is ‘n geheim wie die vraagopstellers is. Die vrae word deur 'n paneel nagevors en moet volgens ‘n formule van die internasionale formaat saamgestel word. Dan is daar 'n ander span wat die feite moet nagaan, enige dubbelsinnigheid moet verwyder en ook die moeilikheidsgraad moet toets.

7. Die sekuriteit rondom die vrae is baie streng en die “spel-en-vrae rekenaar” word toegesluit in 'n hoë sekuriteitsvertrek waartoe slegs die operateur, ouditeur en vervaardiger toegang het. Die rekenaarstelsel is van oorsee af ingevoer en is spesifiek vir die Suid-Afrikaanse formaat ontwerp. Die sagteware wat die hele program dryf word ook vooraf gelaai – selfs met Afrikaanse spelling.

LEES: KYK: Taliep Petersen se dogter sing kragtige weergawe van 'Easy On Me'

8. Daar is streng standaarde waaraan Wie word ’n miljoenêr? moet voldoen oor dit deel is van die internasionale 'Who Wants To Be A Millionaire?'-formaat. Die logo word wel bietjie aangepas vir die betrokke land, maar moet getrou bly aan die 'Who Wants To Be A Millionaire?'-handelsmerk. Die stelontwerp van Wie word ’n miljoenêr? is ’n plaaslike interpretasie van verskeie internasionale weergawes, maar baie van die elemente is universeel. Die vervaardigers ontvang van Sony International, wat die regte van Who wants to be a millionaire? besit, ‘n “formaat-bybel”. Dit bevat baie streng reëls, regulasies, riglyne en dien ook as ’n integriteitshandleiding.

9. Die stel se klank, ligte en grafika op die verskillende skerms word deur een sentrale rekenaarstelsel beheer. Die LED-skerms wat op die vloer en agter die aanbieder en deelneemer verskyn, is saam met die beligting aan dié stelsel gekoppel sodat alles gesinchroniseer is.

10. Die produksie span bestaan uit ongeveer 20 lede, terwyl daar sowat 25 tegnici is, wat onder kamerawerk, regie, klank en beligting hanteer. Daar is talle ander mense wat ook agter die skerms werk soos stelbouers. 

'Wie Word ’n Miljoenêr?' word van 27 Oktober vir 26 episodes om 20:00 op kykNET uitgesaai. Volgens Cecil Barry, uitvoerende vervaardiger van die reeks, sal die Afrikaanse weergawe getrou aan die oorspronklike Britse weergawe van 'Who Wants To Be A Millionaire?' bly, maar talle van die vrae sal die program se Suid-Afrikaanse identiteit reflekteer. 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Verskaf

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories