Ontmoet die 12 dames wat Neels van Jaarsveld se hart wil wen

Ontmoet die 12 dames wat Neels van Jaarsveld se hart wil wen

Die gewilde akteur Neels van Jaarsveld is opsoek na sy perfekte pasmaat in die splinternuwe kykNET realiteitsprogram, 'Op My Eish'.

Op My Eish
Verskaf

Om op nasionale televisie te verskyn en liefde te soek is nie ’n maklike taak nie. Maar hierdie 12 dames het ’n kans gevat om op ’n reis van ’n leeftyd te gaan en hul hart oop te maak vir liefde. Nou wag ons net om te sien wie vir Neels van Jaarsveld onder sy voete sal uitslaan! 

KYK: Akteur Neels van Jaarsveld is gereed om liefde te vind

Ontmoet die 12 dames wat ingeskryf het vir 'Op My Eish!' se eerste seisoen.

Hettie, 24

1. Hoekom het jy ingeskryf? 

Ek het ingeskryf omdat ek niks het om te verloor nie. En omdat dit ’n opwindende manier en geleehtheid is om iemand te leer ken. 

2. Wat soek jy in ’n man? 

Iemand wie vir my onvoorwaardelik lief sal wees en wie my sal aanvaar net soos ek is. Iemand wie die tyd sal maak om ’n koppie koffie saam met my in die oggend te drink al beteken dit ons moet ’n uur vroeër opstaan, net sodat ons die dag saam kan begin.

Op My Eish
Verskaf

Liesa, 27

1. Hoekom het jy ingeskryf? 

Neels het gelyk na ’n baie interessante man, en ek het gedink dit sal lekker wees om hom as persoon te leer ken. As gevolg van my werk is dit moeilik om ’n verhouding te hê en mense te ontmoet, toe vat ek ’n kans!

2. Wat soek jy in ’n man?

Hy moet selfversekerd wees en ’n plan met sy lewe hê. Hy moet weet waarheen hy op pad is en bereid wees om saam met my daai pad te stap. Hy moet natuurlik ook baie liefdevol en vriendelik wees, met 'n liefde vir diere.

Op My Eish
Verskaf

Janka, 28

1. Hoekom het jy ingeskryf? 

Dis my laaste poging om nie op die rak op te eindig nie. Ek glo mens moet kanse waag in die lewe en ek het absoluut niks gehad om te verloor nie. En in vandag se tyd en met COVID-19 is dit nogals moeilik om iemand spontaan te ontmoet, so mens moet maar gebruik maak van alternatiewe platforms. 

2. Wat soek jy in ’n man? 

Ek soek ’n man wat weet wie hy is en wat hy wil hê. ’n Man met ’n sterk persoonlikheid, wat ambisie het, intelligent is, ’n sin vir humor het en my kan laat lag. En wat my sal aanvaar soos ek is en my sal ondersteun.

Op My Eish
Verskaf

Abigail, 30

1. Hoekom het jy ingeskryf?

Ek het ingeskryf, want ek het na ’n nuwe avontuur gesoek en om baie van myself te leer. Om te bewys aan myself dat ek enigiets kan doen wat ek wil.

2. Wat soek jy in ’n man?

Eerlikheid, opregtheid en iemand wat my aanvaar vir wie ek is, binne en buite. ’n Man met ’n goeie sin vir humour. En lojaliteit is baie belangrik vir my.

Op My Eish
Verskaf

Florinda, 25

1. Hoekom het jy ingeskryf?

Ek het gevoel ek is gereed vir ’n maat in my lewe en dat ek opsoek is na daai spesiale iemand om die lewe saam te geniet. En ek het gevoel wie nie waag nie wen nie. Vat die kans, jy sal nooit weet nie!

2. Wat soek jy in ’n man?

Iemand wat weet wie hy in homself is, iemand wat lojaal is en met my kan kommunikeer.  Iemand wie se voete plat op die aarde geanker is, ’n persoon wat saam my die lewe kan geniet en ervaar, goed of sleg. ’n Man wat homself is en wat my kan lief hê en aanvaar vir wie en wat ek is.

Op My Eish
Verskaf

Sonja, 31

1. Hoekom het jy ingeskryf? 

Ek wou meer van myself leer en weer verhoudings aanpak buite die inperking – met betrekking tot Neels EN die meisies. En wel... wanneer jy 32 en enkellopend is, kan van enige plek werk en het geen aanghegsels (vanpas aan my, nie algemeen)... skryf in vir ’n realiteitsreeks!

2. Wat soek jy in ’n man? 

’n Parter in crime! ’n Spanmaat, steunpilaar en iemand wie gewillig is om daardie eienskappe van my te ontvang en waardeer. Stabiliteit en dalk net ’n tikkie humor. Die lewe is soms net te ernstig.

Op My Eish
Verskaf

Laurika, 39

 1. Hoekom het jy ingeskryf?

Ek het ingeskryf omdat Neels van Jaarsveld die man is wie opsoek na liefde is in 'Op My Eish!'. As dit enige iemand anders was sou ek dit geensins oorweeg het nie. Dié man het ’n mate van misterieuse, diepsinnigheid rondom hom wat ek baie aantreklik vind. Ek het aan hom geskryf omdat ek dieper wou delf, meer wil weet... liefde vind!

2. Wat soek jy in ’n man?

In ’n man soek ek ’n vennoot, ’n vriend, ’n sterk man wie leiding kan neem. ’n man wie MY sien, ’n man wie lank genoeg rondhang om al die skatte wat ek het om te bied te ontgin.

Op My Eish
Verskaf

Lizelle, 40

1.  Hoekom het jy geskryf?

Om Neels te ontmoet natuurlik! En omdat ek die tipe persoon is wat geleenthede aangryp met albei hande. Ek hou glad nie van spyt wees oor iets nie, en om nie eers in te skryf vir die reeks nie sou definitief een wees! 

2. Wat soek jy in ’n man?

Iemand wat my beste vriend en ’n veilige hawe kan wees. Iemand wat my verstaan en aanvaar vir wie ek is, met al my mediese bagasie. Iemand wat my sal toelaat om aan te hou wees wie ek is en nie probeer om my te beheer nie. Iemand met wie ek lekker kan lag en prethê. Geluk wat eg is, is werklik belangrik vir my!

Op My Eish
Verskaf

Tanya, 33

1. Hoekom het jy ingeskryf? 

Ek het in geskryf want Neels het snaaks geklink op die radio en ek het gedink ons sou lekker kon vibe.

2. Wat soek jy in ’n man?

Ek soek eerlikheid en lojaliteit in ’n man. ’n Man wat my nie gaan probeer verander nie en wat my sal ondersteun met my passie vir charity.

Op My Eish
Verkaf

Sascha, 31

1.  Hoekom het jy ingeskryf?

Ek glo vas wie nie waag nie wen nie. Al werk dit nie uit nie kan ’n goeie vriendskap daaruit kom en jy leer nuwe mense ken. Dis in die uitdagende tye wanneer ons meer van onsself leer en besef waarvan jy wel gemaak is. Wat in jou lê en hoe hard jy sal kan veg om iets te bereik. Ek is mal daaroor om mense te leer ken en ’n nuwe uitdaging aan te pak.

2.  Wat soek jy in ’n man?

Die eerste en belangrikste punt is dat hy my wys wie is die Jesus in hom. Ek glo ’n man wie vir God eerste lief hê sal sy gesin met Godelike liefde kan omhels en oppas. Hy moet op sy voete kan dink en sy emosies kan beheer. Ek is ’n pakkie van vier so dit gaan ’n man vat met ’n sterk persoonlikheid en ’n opregte hart sodat hy vir my kinders ’n goeie vaderfiguur kan wees, en so ook vir my opreg sal liefhê. Ek is mal oor die buitelewe, as hy 4X4 kan ry en braai is dit ’n bonus haha!

Op My Eish
Verskaf

Melani, 32

1. Wat soek jy in ’n man?  

In 'n man soek ek eerstens vir God, iemand wat glo en vertrou sodat ek weet God sal ons middelpunt wees. Iemand wat respek het vir ons ouer geliefdes en wat nooit dink hy is beter as ander nie. En altyd maar altyd nederig, lojaal en eerlik is. Iemand wat die lewe geniet en wardeer met passie, en na positieweteit en sukses strewe, maar ook in hartseer tye mekaar kan dra en op lig. Ek sien liefde as iets ongelooflik besonders en weet die wag is die altyd die moeite werd, veral as 'n man op jou pad gestuur is deur God. 

2. Hoekom het jy ingeskryf? 

My vriendin van Suid Afrika wat tans in Miami woon het die link van "Neels Van Jaarsveld wat op soek is na liefde” gepost op my Facebook. In alle eerlikheid het ek getwyfel of ek moet inskryf, veral omdat ek al vir vier en ’n half jaar enkellopend is en dit geniet. Maar hoekom dan nou nie? Eish! Met 'n vaag weg idee wie Neels is, en bonding-sessies met my ma as ons nou en dan 'Fynskrif' kyk en die Desember-uitgawe van Huisgenoot, waar Neels sy passie om in die natuur te wees, sy stokperdjies - surf en golf en sy liefde vir die diere met ons te deel, het ek besef hoekom nie? Met dieselfde passie en stokperdjies kan 'n konneksie net sin maak. Of hy my gaan kies of nie, glo ek as mens verloor jy nooit nie, maar vind en leer jy jouself net weer ken.

Op My Eish
Verskaf

Dorianne, 28

1. Wat soek jy in ’n man? 

Ek soek iemand wat God eerste plaas in sy besluite, hy moet eerlik, lojaal, spontaan en ernstig kan wees. Maar bo dit alles moet hy my aanvaar soos ek is en my sien as sy eerste keuse.

2. Hoekom het jy ingeskryf? 

Ek het ingeskryf omdat ek vir die eerste keer in agt jaar kon voel my hart is oop vir liefde. Daarom het die advertensie my aangespoor om my soeke na liefde weer te begin. Aangesien ek nog altyd van Neels gehou het, wou ek die man agter die akteur beter leer ken. 

Op My Eish
Verskaf

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Skakel elke Donderdagaand om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, in om die aksie te volg!

Foto's: Verskaf

Show's Stories