'Op My Eish!' - Francois Jacobs is gereed om liefde te vind

'Op My Eish!' - Francois Jacobs is gereed om liefde te vind

Met ’n ewige vonkel in die oog en daardie sexy sagte bry, maak die akteur Francois Jacobs menige vroue se knieë lam. Daarby saam is hy ’n gentleman, aantreklik en energiek. Maar die groot liefde? Dié het hom nog altyd ontwyk.

Schalk Bezuidenhout and Francois Jacobs
Verskaf

Toe die vervaardigers van 'Op My Eish!' ’n nuwe vrygesel vir die tweede seisoen van die reeks gesoek het, was akteur Francois Jacobs ’n uitstekende keuse. 

LEES: Gewilde aktrise het 'Troukoors'

Francois, ’n boorling van Mbombela, is bekend vir rolle in rolprente soos 'Vir Die Voëls' en 'Kaalgat Karel'.

Avontuur is nooit ver agter nie - Francois is immers ’n man wat amper sy eie vlieglisensie het. Hy werk ook as vervaardiger en regisseur en sê nooit nee vir ’n uitdaging nie. 

LEES: Seisoen twee van 'Troukoors' in Mei beskikbaar

“Ek sien ongelooflik uit na die proses en om hopelik ook soos Neels liefde te vind,” sê Francois. “Of trou vir my is, sal ons nog sien, maar ek gaan die beste van die proses maak met die hoop om liefde aan my sy aan die einde van die reeks te hê.”

In die vorige reeks van 'Op My Eish!' het die akteur Neels van Jaarsveld liefde gevind toe hy vir Florinda Hearn, ’n skoonheidsterapeut, ontmoet het. Maar om uiteindelik vir Florinda te kies, moes hy eers 13 ander vroue ook ontmoet en beter leer ken het. Toe die liefde tussen hom en Florinda egter geblom het, het dit geblom om te bly en hulle is vandag nog gelukkig saam.

LEES: Neels van Jaarsveld “gelukkig” nadat hy ware liefde vind

In die nuwe reeks gaan Francois 16 vroue uit al die inskrywings kies, hulle in Johannesburg ontmoet en met elkeen ’n blitsafspraak hê. Hy gaan dan 12 kies en hulle in die volgende vier weke beter leer ken. Kykers kan weer avontuurlustige uitstappies en emosionele tonele verwag wanneer Francois die vroue een vir een huis toe stuur. Hierdie seisoen word, anders as die eerste een, op verskillende dorpe verfilm. Maar gaan Francois deur al hierdie opwinding ware liefde vind? 

Soos met die vorige reeks gaan Francois ’n sogenaamde wingman hê - komediant Schalk Bezuidenhout sal hom deur dik en dun bystaan. Wie gaan dit wees? Wie gaan kan byhou by Francois se ondeundheid, sin vir humor en lus vir avontuur?

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Verskaf/ Willem Botha

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories