Pretoria-man bedank werk en stap nou honde vir 'n lewe

Pretoria-man bedank werk en stap nou honde vir 'n lewe

Stefan Pienaar en sy span stap daagliks nagenoeg 200 honde vir 'n lewe.

Stefan Pienaar
Verskaf

Pienaar het 'n kans gevat en sy werk bedank. Hy is vandag 'n suksesvolle hondestapper. 

Pienaar en sy ma, Anne, het dikwels honde gaan stap. Sy was 'n hondeteler en het met Great Danes en boerboele geteel. 

LEES: TikTok-ster Wynand Kotze laat duisende lag met unieke video's

Na sy ma se dood, omtrent vyf jaar terug, het Pienaar voort gegaan om honde te stap. Dit het in 'n oogwink in 'n besigheid onaard. 

Soos hy die honde gestap het, het mense langs die pad gevra of hulle honde mag saam stap. 

Pienaar het toe sy werk bedank en die idea in 'n besigheidsgeleentheid omskep. Vandag stap Pienaar en sy span van ses omtrent 200 honde per dag. 

LEES: Russiese vroue op soek na SA-mans in nuwe program

Die diere word in groepe van 15 verdeel.

Volgens Pienaar, word honde vinnig frustreerd - en móét gestap word. 

Honde is afstammelinge van wolwe - en het 'n tropmentaliteit. Volgens Pienaar, as honde in 'n trop stap, voel hulle veilig en selfversekerd. Wanneer hulle alleen stap is hulle bang en angstig. 

LEES: Marion Holm maak verskyning in gewilde sepie

Pienaar glo dat as jy honde stap wat in 'n trop is, moet jy vir hulle wys wie die leier is. Jy moet egter ten alle tye kalm bly wanneer jy honde stap. 

Nodig hulp om jou hond te stap? Kontak gerus vir Stefan Pienaar by 084 336 1167.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Jacaranda FM

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories