Russiese vroue op soek na SA-mans in nuwe program

Russiese vroue op soek na SA-mans in nuwe program

In dié splinternuwe formaat en ’n eerste vir Suid-Afrikaanse televisie, neem die program, kykers op ’n liefdesreis soos nog nooit tevore nie. Vier Suid-Afrikaanse mans soek liefde vanuit Rusland en ná 12 weke moet die enkellopendes besluit of hulle troue hou en of hul paadjies skei.

Ram Vir 'n Rus
Verskaf/ Viktoria Seliverstova, Heinrich Olwage, Tanya Belianicheva, en Koos Olivier

Dis raar, maar waar: Vier Suid-Afrikaanse mans soek liefde vanuit Rusland en ná 12 weke moet die enkellopendes besluit of hulle troue hou en of hul paadjies skei. In dié splinternuwe formaat en ’n eerste vir Suid-Afrikaanse televisie, neem VIA (DStv-kanaal 147) kykers op ’n liefdesreis soos nog nooit tevore nie. “Ons was dadelik opgewonde toe die vervaardiger die voorstel vir ons stuur omdat dit uniek is en nog nie in Suid-Afrika gedoen is nie,” sê Charles Povey, VIA se inhoudhoof.

LEES: "Die troue simboliseer lig in 'n donker wêreld" - Roberto Kyle van 'Arendsvlei'

In 'Ram Vir ’n Rus' kry hierdie enkellopendes die kans om die vrou van hul drome te ontmoet met die hulp van ’n agentskap. Twaalf enkellopende Russiese vroue wat op soek is na liefde word deur dié agentskap geïdentifiseer vir die reeks en hulle kan al vier mans leer ken. “Dit was van die begin af vir ons belangrik dat die enkellopendes werklik belangstel om te trou indien hulle die regte persoon ontmoet,” sê die uitvoerende vervaardiger Konrad Kuhn. “Die ramme was bereid om te trou en so ook die Russe - dalk nóg meer - hulle was gretig om te trou en met ’n gesin te begin.”

LEES: LUISTER: Lizz Meiring bring hulde aan 'Egoli' se Franz Marx

Verfilming het in Mei vanjaar afgeskop en die formaat van die program moes noodgedwonge verander as gevolg van die reisbeperkings op Suid-Afrikaners. Maar die pandemie het nie ’n demper op dié liefde gesit nie. Die enkellopendes het mekaar aanlyn ontmoet nadat die vroue briewe vir die mans geskryf het. “Daar was dadelik gunstelinge,” sê Konrad. Ná twee weke se kersopsittery, moes die ramme hul vier gunstelinge kies wat na Suid-Afrika sou reis. En natuurlik moes die meisies ook instem.

LEES: 'Wat Dit Vat' met Loki Rothman binnekort op die kassie!

“Vir nóg twee weke kon die deelnemers (4 ramme en 8 Russe) vlerksleep by die Nyati Safari Lodge op die Olifantsrivier en dis hiér waar die vonke behoorlik spat,” meen Charles. Op die laaste aand kon die enkellopendes besluit of hulle ’n verhouding wil aanknoop of nie. “Twee ramme se koppe het nie geweet watter kant toe nie en twee paartjies het reg van die begin af oë net vir mekaar gehad,” verklap Konrad.

Ná hul tyd by die lodge het paartjies vir vyf weke saamgebly by die mans se huise waarna hulle moes besluit of hulle wil trou of die verhouding beëindig.

LEES: Marion Holm maak verskyning in gewilde sepie

“Die soektog na liefde is opwindend, maar nie altyd ’n maklike pad nie. Ons deelnemers moet nou in ’n beperkte tydperk mekaar leer ken en besluit of hulle ’n lewe wil bou met die ander persoon,” vertel Charles. “Die reeks bring ook twee kulture saam wat beloof om kykgenot uit die boonste rakke te verskaf.”

En ná 12 weke, en baie liefdesdrama, hét liefde geblom. “Die reeks het baie drama en ek wil nie te veel verklap nie,” sê Konrad. Die karakters in die reeks staan uit. “Soms gaan kykers nie van hulle hou nie en ander kere gaan kykers hulle ondersteun. Ons deelnemers was real en hét foute gemaak,” sê hy.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

'Ram Vir ’n Rus' is elke Woensdag om 20:00 op DStv-kanaal 149 te sien. 

VIA is ook beskikbaar op Catch Up en in die DStv-app. 'Ram Vir ’n Rus' sal op Showmax beskikbaar wees. 

Foto: Verskaf/ VIA

Meer Van Jacaranda FM


Show's Stories