'7de Laan' verfilming sal weer voort gaan na SAUK betaling

'7de Laan' verfilming sal weer voort gaan na SABC betaling

'7de Laan' verfilming sal voort gaan na dit Maandag aangekondig is dat produksie dadelik sal stop.

7de Laan cast
The cast of '7de Laan'/ Twitter (@real7delaan)

Weeksaande voor die televisie sal vir duisende Suid-Afrikaners glad nie meer dieselfde wees wanneer die ikoniese sepie '7de Laan' in Desember tot 'n einde kom nie.

In 'n gesamentlike verklaring het die SABC en Danie Odendaal-produksies aangekondig dat die gewilde sepie na 23 jaar tot 'n einde sal kom. 

LEES: 'The Voice SA' se William Wolf deel opwindende nuus

'7de Laan' se verfilming sal wel voort gaan na dit Maandag aangekodig is dat die sepie onmiddelik sal stop aangesien die SABC nie die vervaardigers kon betaal nie.

Volgens 'n verklaring sal die sepie Donderdag, 7 September 2023, weer begin om die laaste 45 episodes te vervaardig nadat die SABC weer vervaardigers kon betaal.

"Alhoelwel die volle bedrag nie betaal is nie, is daar nou genoeg fondse om voort te gaan met produksie," lees die verklaring.

KYK: Tuinier gooi beweerde dief met bakstene

Die bekende sepie sal dus tot Desember nog op TV skerms gesien word en op 26 Desember sal die laaste episode uit gesaai word.

Vir jare het '7de Laan' genot en vermaak na talle huishoudings in Suid-Afrika gebring en talle is ongelukkig dat die sepie tot ‘n einde kom.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Facebook/ Screenshot

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories