Elvis Blue sing Johnny Clegg treffer en gesels oor splinternuwe album

Elvis Blue sing Johnny Clegg treffer en gesels oor splinternuwe album

Elvis Blue gesels oor sy splinternuwe album, 'Meer As Genoeg'. 

Elvis Blue
Jacaranda FM

Wanneer ‘n mens deur moeilike tye gaan, kan jy op twee maniere aan die anderkant uitkom: Dit kan jou óf verslaan, óf jy kan met nuwe wysheid, moed en hoop daar uitstap. 

Elvis Blue stoei saam met almal deur ‘n pandemie, maar een ding is seker; hy vindGoud In Die Vuuren besef met sy nuutstealbum wat is 'Meer As Genoeg'.

LEES: Ontmoet die 10 boere van 'Boer Soek 'n Vrou'

Voordat hy as Elvis Blue bekend geraak het, het Jan Hoogendyk hom op die ouderdom van sestien self leer kitaar speel. As jongman het hy begin ‘busk’ en albums onder die naam Mono vrygestel. 

Die naam ‘Elvis Blue’ is in 2008 gebore nadat hy ’n seun met die naam Elvis Blaauw in ’n kinderhuis ontmoet het.Hierdie seun is oorlede kort voor Elvis in 2010 as die 'Idols'-wenner aangekondig is. Tien jaar en tien albums later is die verhoog naam Elvis Blue ‘n huishoudelike naam. Dit is twee jaar sedert Elvis se vorige vrystelling en hierdie album lê hom na aan die hart omdat hierdie afgelope twee jaar se uitdagings vir hom tot nuwe insigte gebring het. 

LEES: Kurt Darren oor die storie agter legendariese enkelsnit, ‘Kaptein’

“As ’n skrywer en kunstenaar kryjy soms ’n taai klap. Eers huil jy en kry jy jouself jammer, maar dan besef jy dis die beste ding wat metjou kon gebeur.” vertel Elvis.

 “Daar het ’n paar dinge (gedurende hierdie tyd) binne my gebeur wat ekin liedjies verwoord het”. 

Die titelsnit van 'Meer As Genoeg' handel oor die dinge wat jy daagliks as vanselfsprekend aanvaar, soos om tyd met jou gesin te spandeer of selfs om in die natuur te gaan stap. “Eers wanneer dit by iets soos jou huis of werk kom en jy besef daar is ’n kans dat jy dit kan verloor, raak jy regtig dankbaardaarvoor.”

LEES: FOTO'S: Gewilde 'Boer Soek 'n Vrou'-paartjie verloof

Ondersteuners kan ook uitsien na meer liefdesliedjies vanuit die pen van hierdie begaafde skrywer. “Ek het ook baie oor my vrou geskryf” verklap hy. “Ek besef die afgelope tien jaar het ek baie min tyd saammet my familie spandeer en baie tyd op die pad deurgebring. Toe, skielik was ek vir ’n lang tyd by die huis saam met my gesin vir wie ek lief is

Elvis Blue het ook hartsnare geroer met sy weergawe van Johhny Clegg se 'Great Heart' op Friday Live. 

Kyk na die optrede hier: 

Show's Stories