Hannon Bothma se Julius veilig gevind

Hannon Bothma se Julius veilig gevind

Glam Guru, Hannon Bothma, se vervreemde man Julius Swart is veilig gevind nadat hy vir meer as twee maande vermis was.

Hannon Bothma
Instagram/ Hannon Bothma

'n Plasing, wat vrooër in Maart op die Facebook-blad The Pink Ladies gedeel is, het bevestig dat Julius Swart, die vervreemde man van 'Glam Guru' Hannon Bothma, al sedert 23 Januarie vermis was.  

Na meer as twee maande is die 59-jarige Swart uiteindelik veilig gevind.

KYK: Patricia Lewis vier seun se 20ste verjaarsdag

Volgens Netwerk24, is die 'Glam Guru' "baie emosioneel oor die goeie nuus," maar hy het natuurlik baie vrae.

"Ek bly net sê: Dankie, Here, dat U Julius veilig gehou het," het Bothma aan Netwerk24 gesê.

"Die spanning en vrae van die afgelope weke was op 'n punt waar ek nie geweet het hoeveel 'n mens nog kan verduur nie," se Bothma.

Daar is nie tans baie inligting oor die insident nie, maar daar word vermoed dat Swart deur middel van sy selfoon- en bankstate in die Sandton-omgewing opgespoor is.

Volgens The Pink Ladies, 'n organisies wat fokus op inligting oor vermiste persone, se plakaat het Swart (59) in Bramley Johannesburg spoorloos verdwyn.

KYK: Mej. SA Cindy Nell-Roberts verhuis na Australië

Bothma het ook bevstig dat Swart op 23 Januarie 'n WhatsApp-boodskap van hom gelees het, maar dit was die laaste wat hy van hom gehoor het.

Jacqui Thomas van The Pink Ladies het ook oorsprinklik gesê dat sy geestestoestand glo baie "broos" was toe hy as vermis verklaar was.

Bothma en Swart is in 2018 getroud, maar is in 2022 uitmekaar uit na 'n 30-jaar verhouding. 

Die paartjie is wel nog nie amptelik geskei nie. 

LEES MEER: 

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

FOTO: Instagram/ Hannon Bothma

MORE FROM JACARANDA FM


Show's Stories