KYK: Jacques Kallis deel pragtige foto’s van babadogter
Updated | By Etienne Bruwer
Die Suid-Afrikaanse krieketafrigter het onlangs foto’s van sy volmaakte kleinding gedeel.
Daar is niks ouliker as ‘n pa wat spog met sy vrou en kinders nie.
Voormalige krieketspeler Jacques Kallis, 47, het onlangs foto’s van sy “klein prinses” op Instagram gedeel.
Die prentjiemooi foto’s wys hoe Kallis, sy vrou Charlene en hulle seun, Joshua Henry Kallis, met die nuwe lid van hulle familie spog terwyl hulle haar snoesig vashou.
LEES: Dr. Rolene Strauss en Daniel Strauss het ‘n "biljoenêringesteldheid"
Chloé Grace Kallis, wat slegs twee weke oud is, lyk te oulik in 'n reeks uitrustings sowel as ‘n kombers wat deur haar ouma gebrei is.
Kyk na die pragtige foto's hier:
Soos alle ouers voel die paartjie dat hulle nuwe baba heeltemal te vining groot word.
Twee weke van ons klein Chloé Grace en ook haar oorspronklike geboorte datum. Kan iemand asseblief die tyd stop,- Charlene Kallis
Volgens die krieketafrigter het die nuweling hulle familie voltooi na haar geboorte in April 2023.
LEES: Eddie Wallace deel wenke oor hoe hy 59 kg verloor het
Chloé Grace is die paartjie se tweede kind na hulle seun Joshua Henry Kallis in 2020 gebore is.
Charlene deel gereeld foto’s en video’s op sosiale media van haar nuwe baba, maar hierdie was hulle eerste amptelike familie-fotosessie.
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
Volg ons op sosiale media:
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Win R25,000 with Hi-Lo on The Drive with Rob and Roz
Play along on The Drive with Rob & Roz from 16:00-19:00 and you can st…
The Drive with Rob & Roz 1 day, 11 hours ago -
Young Pretoria learner performs on Friday Live
Marlia Botha, who was discovered by Breakfast with Martin Bester during Ja…
Breakfast with Martin Bester 1 day, 14 hours ago