KYK: Jacques Kallis deel pragtige foto’s van babadogter

KYK: Jacques Kallis deel pragtige foto’s van babadogter

Die Suid-Afrikaanse krieketafrigter het onlangs foto’s van sy volmaakte kleinding gedeel. 

Jacques Kallis and wife
Instagram/ Screenshot/ Charlene Kallis

Daar is niks ouliker as ‘n pa wat spog met sy vrou en kinders nie.

Voormalige krieketspeler Jacques Kallis, 47, het onlangs foto’s van sy “klein prinses” op Instagram gedeel.

Die prentjiemooi foto’s wys hoe Kallis, sy vrou Charlene en hulle seun, Joshua Henry Kallis, met die nuwe lid van hulle familie spog terwyl hulle haar snoesig vashou.

LEES: Dr. Rolene Strauss en Daniel Strauss het ‘n "biljoenêringesteldheid"

Chloé Grace Kallis, wat slegs twee weke oud is, lyk te oulik in 'n reeks uitrustings sowel as ‘n kombers wat deur haar ouma gebrei is.

Kyk na die pragtige foto's hier:

Soos alle ouers voel die paartjie dat hulle nuwe baba heeltemal te vining groot word.

Volgens die krieketafrigter het die nuweling hulle familie voltooi na haar geboorte in April 2023.  

LEES: Eddie Wallace deel wenke oor hoe hy 59 kg verloor het

Chloé Grace is die paartjie se tweede kind na hulle seun Joshua Henry Kallis in 2020 gebore is.

Charlene deel gereeld foto’s en video’s op sosiale media van haar nuwe baba, maar hierdie was hulle eerste amptelike familie-fotosessie.

Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories