Aktrise Simoné Pretorius deel tragiese nuus oor vorige swangerskap

Aktrise Simoné Pretorius deel tragiese nuus oor vorige swangerskap

Die bekende Suid-Afrikaanse aktrise het aan die begin van 2023 in 'n plasing op Instagram baie hartseer nuus gedeel.

Simone Pretorius nee Nortmann deel die tragiese nuus oor haar miskraam op Instagram
@simonenortmann/Instagram

Om persoonlike nuus met jou familie en vriende te deel is nooit maklik nie, maar om dit te deel op 'n sosiale media platform aan meer as 250,000 volgelinge moet seker vreesaanjaend wees.

LEES: KYK: Só het Simoné Pretorius haar man vertel sy is swanger

Simoné Pretorius, nee Nortmann, bekend vir haar rol in die Afrikaanse-sepies '7de Laan' en 'Hotel', is nog altyd baie oop en eerlik oor wat in haar lewe aangaan.

Haar aanhangers was wel geskok en hartseer na hulle die onderskrif van een van haar Instagram-plasings hierdie jaar gelees het waar sy die nuus gedeel het dat sy in 2022 'n miskraam gehad het.

LEES: KYK: 'Hartklop'-aktrise Simoné Pretorius deel geslag van nuwe baba

https://www.jacarandafm.com/shows/drive/akon-receives-major-backlash-after-saying-woman-can-never-compare-man/

Na sy haar Instagram-plasing gemaak het, het baie ander ma's hulle eie stories gedeel en was daar net 'n uitstorting van liefde en ondersteuning vir Simoné en haar man.

Gelukkig verwelkom die paartjie binnekort hulle tweede kleintjie en die aktrise baie goeie nuus gehad om hierdie jaar ook te deel.

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer by Jacaranda FM


Show's Stories