Pretoria hoërskool leerling (17) sterf in haar slaap

Pretoria hoërskool leerling (17) sterf in haar slaap

Annerien Mills van die Afrikaans Hoër Meisieskool in Pretoria is Saterdag oorlede.

pretoria hoërskool leeerling sterf na orkeroptrede
Ofm.co.za/Verskaf

Die tragiese nuus van Annerien Mills se dood is die week gedeel in 'n Pretorianse gemeenskapskoerant.

KYK: SA-paartjie wys realiteit van oorsee bly

Haar ouers het bevestig dat 'n hartkwaal die oorsaak van haar dood was.

Annerien was 'n fluitspeler en het onlangs teruggekeer van 'n jeugsimfonieorkes-optrede in Bloemfontein en het besluit om 'n rukkie te slaap nadat sy by die huis gekom het.

KYK: Komediant en akteur Melt Sieberhagen maak mooi vir liefdadigheid

Haar tweelingbroer, Henré, het haar 'n paar uur later probeer wakkermaak, maar het nie daarin geslaag nie. Die Mills-gesin het ongelukkig 'n dogter en suster verloor.

LEES: Mej. SA-wenner sal nie meer deelneem aan Mej. Wêreld nie

https://www.jacarandafm.com/shows/drive/mej-sa-wenner-sal-nie-meer-deelneem-aan-mej-w%C3%AAreld-nie/

Die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria het ook op hulle Facebook-blad 'n hartroerendebooskap gedeel:

Die skool het ook vandag 'n gedenksdiens vir haar gehou.

Skakel in vir 'The Drive with Rob & Roz', weeksdae van 16:00 - 19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

More on Jacaranda FM


Show's Stories