KYK: Koningin Elizabeth II daag vir haar gunsteling-blommeskou in styl op

KYK: Koningin Elizabeth II daag vir haar gunsteling-blommeskou in styl op

Die 96-jarige monarg Koningin Elizabeth II het Maandag by die Chelsea-blommeskou in Londen, per gholfkarretjie by die amptelike gebeurtenis opgedaag.

Queen Elizabeth has her life ready to be aired by many media publications.
Queen Elizabeth has her life ready to be aired by many media publications. Twitter/ Derek Momodu
Die koningin van die Verenigde Koninkryk  Koningin Elizabeth II wat haar openbare verskynings besnoei het weens probleme om te loop, is vir die eerste keer met 'n chauffeur-gedrewe karretjie gesien. 

LEES: 'Boer Soek 'n Vrou' topboer Tyson Zunckel is verloof

Koningin Elizabeth II het ’n verskyning Maandag by die gesogte Chelsea-blommeskou gemaak. Aangaande die koningin se nuwe rit het woordvoerder van Buckingham-paleis gesê ‘aanpassings is gemaak vir die koningin se gemak. 

LEES: Armand Aucamp se gewilde wortelkoek-fudge

Haar seun Prins Edward die Graaf van Wessex  en sy vrou Sophie, Gravin van Wessex, haar kleindogter Prinses Beatrice en Beatrice se man, Edoardo Mapelli Mozzi, het ook die koningin tydens haar kleurvolle uitstappie vergesel. 

LEES: Armand Aucamp gesels oor sy 'dating-app' Koer!

Na verwagting sal sowat 140 000 mense die Wes-Londenskou van Dinsdag tot Sondag bywoon, met verskeie skeppings wat ontwerp is om hulde te bring aan haar rekordbrekende 70 jaar op die troon. 

LEES: Tarryn Lamb en Pieter Koen gee enkelsnit nuwe lewe

Koningin Elizabeth II het die versorgde terrein van die Royal Hospital Chelsea; ’n aftreeoord vir weermagveterane, verken. Die monarg sal na verwagting volgende week baie van die geleenthede bywoon wat haar Platinum-jubileum vier, wat begin met die jaarlikse Trooping The Color op Donderdag, 2 Junie.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Foto: Twitter/ Derek Momodu

Show's Stories