Shaleen Surtie-Richards word vereer met eksklusiewe dokumentêr: 'I Am Who I Am'

Shaleen Surtie-Richards word vereer met eksklusiewe dokumentêr: 'I Am Who I Am'

Multichoice, kykNET en Showmax vier hierdie week Shaleen Surtie-Richards se baanbreker-loopbaan. 

Shaleen Surtie-Richards
Verskaf/ kykNET

Shaleen Surtie-Richards (66) was ’n geliefde en gevierde Suid-Afrikaanse ikoon. Sy het in 1988 die ikoniese rol van 'Fiela Komoetie' vertolk in die Katinka Heyns film 'Fiela Se Kind' – ’n grensverskuiwende prestasie vir ’n aktrise van kleur in die hoofrol tydens Apartheid Suid-Afrika. Met haar vertolking van 'Ester “Nenna” Willemse', die geesdriftige opsigter van Marlborough Mansions in die M-Net sepie, 'Egoli: Place of Gold', het sy ’n huishoudelike naam geword. 

LEES: Die 'Egoli'-oomblik toe 'Nenna' en 'Elsa' perongeluk daggakoekies eet

Die skielike afsterwe van die legendariese aktrise word regoor die land betreur. Multichoice sal haar baanbreker-loopbaan vereer met ’n eksklusiewe dokumentêr 'Shaleen Surtie-Richards: I Am Who I Am' op M-Net op Woensdag 9 Junie om 19:30, asook op kykNET en kykNET&kie op Sondag 13 Junie om 20:00. Dié dokumentêr sal beskikbaar wees om te stroom op Showmax vanaf Donderdag 10 June 2021. Daar is ook addisionele herdenkings geskeduleer word op verskeie DStv-kanale.

LEES: Bekendes bring hulde aan ikoon Shaleen Surtie-Richards

“Die dokumentêr was in opdrag geroep om ’n Suid-Afrikaanse ikoon te vier en was in die finale staduim van na-produksie toe die nuus van haar heengaan aangekondig was. Dit was ’n groot eer vir die span om tyd met Shaleen te spandeer tydens die verfilming, en sodoende huldeblyk aan haar lewe en loopbaan te bring. Haar merkwaardige storie is histories betekenisvol vir alle Suid-Afrikaners,” sê Diana Lucas, regisseur en uitvoerende vervaardiger van die film.

LEES: Shaleen Surtie-Richards verklap haar mees ikoniese rolle

In hierdie intieme dokumentêr herbesoek ons Shaleen se kinderjare in Upington, haar eerste treë op die Upingtonse skoolverhoë tot uitverkoopte teatersale voor enorme gehore. 

Marc Lottering, Sandra Prinsloo, Pieter-Dirk Uys, Brümilda van Rensburg, Katinka Heyns Patricia de Lille, Bobby Heaney, Kevin Smith en andere deel hul herinneringe en stories van ’n vrou wat haar lewe in teenstryd van stereotipes geleef het. 

LEES: "Dit gaan goed met my" - Shaleen Surtie-Richards vier haar 65ste verjaarsdag met die Scenic Drive-span

Soos sy in haar eie woorde sê: “Ek het nie tyd vir pretensie in my lewe nie, so as jy vra wie is ek… Ek is ek.

Shaleen Surtie-Richards sal altyd onthou word vir haar uitmuntende vakmanskap, haar roerende vertolking van ikoniese karakters en haar vreugdevolle persoonlikheid. Sy het Suid-Afrikaanse kykers vermaak en opgevoed vir dekades.

Uiteensetting van programme en huldeblyke op DStv platforms:
Dinsdag 8 Junie 2021
21:00 'Hannes Aan Huis', kykNET (DStv-kanaal 144)

Woensdag 9 Junie 2021
19:30 'Shaleen Surtie-Richards I Am Who I Am', M-Net (DStv-kanaal 101)
20:30 KLOP!, kykNET&kie (DStv-kanaal 145)

Donderdag 10 Junie 2021
'Shaleen Surtie-Richards: I Am Who I Am beskikbaar' op Showmax

Saterdag 12 Junie 2021
Ontbytsake, kykNET en kykNET&kie (DStv-kanale 144 & 145) 

Sondag 13 Junie 2021
19:00 'Carte Blanche', M-Net (DStv-kanaal 101)
20:00 'Shaleen Surtie-Richards: I Am Who I Am', kykNET (DStv-kanaal 144) en kykNET&kie (DStv-kanaal 145) 
20:30 'Swirl', fliekNET (DStv-kanaal 149)

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae vanaf 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Verskaf/ kykNET

Show's Stories