"Ek vat nie k*k nie!" - Die Wynland-vrouens bring gróót drama

"Ek vat nie k*k nie!" - Die Wynland-vrouens bring gróót drama

Kykers het die ses dinamiese huisvroue verlede week leer ken en vinnig besef dat daar in die Kaapse wynlande g'n tekort aan wyn, kaalvuis-eerlikheid en drama is nie.

Amy Kleinhans-Curd

Kykers het die ses dinamiese huisvroue verlede week leer ken en vinnig besef dat daar in die Kaapse wynlande g'n tekort aan wyn, kaalvuis-eerlikheid en drama is nie. Aan die einde van die eerste episode het Karen Schwendtke, die Val de Vie-perdeteler, egter steeds al die huisvroue na haar divorce party genooi.

En dit is by hierdie einste partytjie in episode twee waar spanning tussen die huisvroue verder opvlam toe Karen almal breëbors herinner: "Ek vat nie k*k nie. Klaar!"

LEES: Mila Guy en Bennie Fourie is getroud!

Maar eers nooi die estetikadokter Michelle vir Amy en Anita na 'n spadag by die Spier-wynlandgoed. Anita raak onmiddellik geïrriteerd omdat die twee ander weer oor kinders begin praat en niemand haar vra hoe dit met haar "kattekinders" gaan nie.

Toe vertel Michelle 'n verrassende storie oor die dag wat haar man haar gevra het of sy Botox gebruik. Waarop sy reageer het: "Wat dink jy gebeur hier onder?" Sy bedoel sy gebruik nie net Botox vir haar gesig nie, maar ook vir haar vagina. In haar videodagboekkamera bieg sy verder: "Ek kan nie glo dat ek nie fillers sweet as ek loop nie."

In Franschhoek kom kuier Mariska se vriendin Monique en haar dogtertjies vir haar en sy vertel oor die eerste ontmoeting met die huisvroue. Mariska noem dat sy die huisvroue gaan nooi na haar verjaarsdagpartytjie, maar reken "hulle gaan iets kry om oor te moan." Sy vra ook vir Monique raad oor haar meningsverskil met Anita in die vorige episode.

LEES: 'Binnelanders' akteur Clint Brink verwelkom babadogter

Terselfdertyd sê Anita vir Michelle en Amy by die spadag sy sal Mariska "later opf*k." Michelle en Amy is glad nie beïndruk oor Anita se uitlatings nie en Amy besluit om vir Mariska te bel ná die tyd en te vertel wat oor haar gesê is.

Karen nooi Anita na haar "knus" huis op die Val de Vie-landgoed waar Anita vir haar vertel van die gesprekke by die spadag. Karen begin bespiegel oor Mariska se "donkerblou kontaklense" en wonder of sy moontlik kuit-inplantings het.

Candice ontmoet Amy oor ’n moontlike vennootskap met 'Amelia' – Amy se rebranding-projek. Amy moedig vir Candice aan om haar droom te volg nadat sy hoor Candice was 'n sanger en is lus om weer te sing.

Intussen word Anita en Karen se vriendskap geseël met ’n soen op die mond, maar beide is steeds versigtig vir mekaar.

Anita: "Karen is baie volatile. Sy spring só. En ek is bitter versigtig vir so iets. I’m not feeling it."

Karen: "Ek vertrou Anita net so ver soos wat ek haar kan sien."

LEES: Swemmer Tatjana Schoenmaker is verloof!

Daarna maak Karen en Michelle oop teenoor mekaar. Michelle vertel hoe haar man se eksvrou wat in Namibië bly, heeltyd geld soek by hulle. Karen verklap dat sy al te bly is haar eksman, wat haar verneuk het met ’n transgender-vrou, sit in Dubai. "So, nou kan hulle hul aparte woestynlewens leef. Ek en jy het mekaar."

Tydens die aankoms by Karen se divorce party wonder almal waar Michelle is. Alhoewel Karen weet Michelle kom nie meer nie, laat sy die ander huisvroue in die duister omdat Michelle se stemboodskap "vir my was, en nie vir hulle nie".

Anita se irritasievlakke skiet die hoogte in oor die "te veel geskenkies" en die hoeveelheid kere wat die huisvroue cheers: "I'm over it. Kan ons nou net ophou daarmee. Enough. Enough."

Candice se selfoon lui gedurig aan tafel omdat sy nie "haar werk kan afskeep nie".

Almal wonder oor die betekenis van die uitbeelding van die egskeiding bo-op Karen se divorce party-koek. Anita dink die ander vroue behoort tog presies te weet wat Karen se storie met die koek is: "Dit was nie ’n ander vrou wat haar man van haar afgerokkel het nie."

LEES: Elon Musk se ma praat "wonderlik" Afrikaans met Rolene Strauss

Karen sluit die episode af met ’n dreigement aan al die ander huisvroue: "Jy praat nie agter my rug nie en jy doen nie snaakse goed nie. En ek vat nie k*k nie."

Mariska se reaksie: "Ek het geen idee wat sy probeer insinueer nie."

Anita se reaksie: "Ons is haar maatjies. Not your enemies. Don't f**k us up."

Amy se reaksie: "What the heck!?"

Tog moedig al die huisvroue vir Karen aan om vorentoe te kyk en hierdie moeilike hoofstuk af te sluit sodat sy kan begin met 'n "nuwe seisoen" in haar lewe. Candice sluit uiteindelik weer by die tafel aan en vra: "Wat het ek gemis?"

'Die Real Housewives van die Wynlande' wys Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Episodes is ook op DStv Catch Up beskikbaar.

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories