kykNET Fiëstas: Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees wen 2019 se Fees van die Jaar

kykNET Fiëstas: Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees wen 2019 se Fees van die Jaar

Die fees is weer by vanjaar se kykNET Fiëstas as die beste fees in die land aangewys.

fiestas
Verskaf.

Die 10de kykNET Fiëstas is op Sondag 9 Feburuarie 2020 by die Kunstekaap-teater in Kaapstad gehou - hier is al die wenners.

LEES OOK: Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees wen 2018 se Fees van die Jaar

Die gehoor was ook met optredes deur die opera-sanger, Nombulelo Yende, Eet kreef! (Laudo Liebenberg, Frank Freeman, Mikhaela Kruger, Schalk van der Merwe en Sheldon Yoko), komediant Ian Young, die Kaapse Filharmoniese Jeugorkes, die Cape Town Opera Chorus en die New World Dance Theatre bederf.

Dit was ‘n besonderse aand, met dié dat die tiende bestaansjaar van die kykNET Fiëstas vanjaar gevier word. Dié gesogte toekenningsgeleentheid is in 2010 in die lewe geroep – nie net om erkenning te gee aan grensverskuiwende en gehaltewerk wat op feesverhoë op- en uitgevoer word nie, maar ook om saam met ander rolspelers die skep van kreatiewe werk in Afrikaans te koester en te bevorder.

Die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees het weggestap met die trofee vir fees van die jaar. Dié toekenning is gegrond op stemme van die publiek wat vir 2018 se feeste van regoor die land kon stem.

En die ander wenners is...

BESTE AKTEUR:

Brendon Daniels – Queenie hulle

 

BESTE AKTRISE:

Antoinette Kellerman – Koningin Lear

 

BESTE MANLIKE BYSPELER:

Edwin van der Walt – Koningin Lear

 

BESTE VROULIKE BYSPELER:

Devonecia Swartz - Jakkals en Wolf Onbeperk

 

BESTE REGIE:

Brett Bailey – Samson

 

BESTE TEATERONTWERP:

Wolf Britz – Statements After an Arrest Under the Immorality Act

 

BESTE SPEL IN ’N SOLO-VERTONING:

Sandra Prinsloo – Kamphoer - die verhaal van Susan Nell

 

BESTE NUUTGESKEPTE AFRIKAANSE TEKS:

Christo Davids en Lloyd Davids – Queenie-hulle

 

BESTE OPKOMENDE KUNSTENAAR:

Cantona James – In Slawenhuis 39 & Jakkals en Wolf Onbeperk

 

BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK:

José Dias – Hulde aan Nellie du Toit

 

BESTE PRESTASIE IN VISUELE KUNS:

Jean Theron Louw (beeldhouer) – My Afrika-wildehonde

 

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – BUITELUG:

kykNET-Verjaarsdagkonsert

 

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – PODIUM:

Eet Kreef! (Frank Freeman & Etienne van Rooyen)

 

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – TEATER:

Samson

 

BESTE AANBIEDING:

Queenie-hulle

 

BESTE DUO OF ENSEMBLE:

Jakkals en Wolf Onbeperk

 

BESTE VERTALING OF VERWERKING VAN Ń BESTAANDE WERK:

Koningin Lear

 

BLOU FIËSTA:

reWOLusie

 

LEWENSBYDRAE TOT TEATER:

Elize Cawood

Janice Honeyman

Pieter-Dirk Uys

Virginia Davids

Show's Stories