Hoe naby is jy aan die rand van jou 'Afgrond'?

Hoe naby is jy aan die rand van jou 'Afgrond'?

In kykNET se nuwe dramareeks 'Afgrond', kruis vyf vroue uit uiteenlopende wêrelde se paaie, wanneer hulle vir hul bestaan baklei. Die boeinde en treffende reeks sal vanaand om 20:00 op kykNET te sien wees. 

Afgrond
Verskaf/ kykNET

’n Sielkundige, regsekretaresse, kandidaat-prokureur, glansende sepiester en begrafnisondernemer staar almal een vraag in die gesig. Hoe naby moet ons aan die rand van ’n afgrond staan voor ons besluit om verantwoordelikheid vir ons eie besluite te neem? 

In kykNET se nuwe dramareeks 'Afgrond', kruis vyf vroue uit uiteenlopende wêrelde se paaie, wanneer hulle vir hul bestaan baklei. 

FOTO'S: 'Boer Soek 'n Vrou' se Marciel Hopkins vier Valentynsdag in Zanzibar

Julia Cilliers (Jana Kruger) ’n sielkundige,  sukkel om haar skuldgevoel oor haar kind se dood te verwerk. Dit dwing haar om in ’n moeilike huwelik met Basson Brink (Stian Bam), die hoof van Cilliers, Mouton en Molefe, ’n suksesvolle regsfirma in Kaapstad, te bly.

Hannelie Fourie (Marguerite van Eeden) kom na Julia vir berading omdat sy by die werk seksueel mishandel word. Sy word gedwing om 'n moeilike keuse te maak wat haar eindelik sal bevry.

Lana Bridgett (Kim Cloete), ’n glansende seepster, ontwaak uit ’n vyf-jaar-lange koma en besef sy het geheueverlies. Sy kry hipnoterapie by Julia om haar te help onthou en sy ontdek skokkende, geheime oor haar verlede en haarself.

LEES: Pierre van Pletzen gesels oor sy rol in 'Die Boekklub'

Nadine May (Gretchen Ramsden), 'n jong kandidaat-prokureur, bly in Vredendal. Haar droom word waar as sy ’n pos aangebied word by Cilliers, Molefe and Mouton. Sy moet kies tussen haar geliefde, Franklin (Roberto Kyle) en die nuwe werksgeleentheid. 

Leora van Niekerk (Kanya Viljoen) moet haar pa se begrafnisonderneming oorneem. Terwyl sy kop bo water probeer hou by die werk, vind sy skokkende waarhede uit oor haar verloofde, Etienne (Wilhelm van der Walt).

Die onderliggende temas van die reeks is patriargie en mishandeling in al sy verskillende vorme. Maar dis ook ’n reeks oor vroue wat deur hulle donkerste geheime werk om hulself te bevry. 

'Afgrond' het ’n sterbelaaide-rolverdeling. Kykers kan ook uitsien na Elsabe Daneel, Ivan Zimmerman, Craig Adriaanse, Nadia Valvekens, Chris van Niekerk, Laudo Liebenberg en nog vele meer. 

LEES: Loufi skryf rap-liedjie, 'Armoedig' vir Rian van Heerden

'Afgrond' word vervaardiger deur Penguin Films, wat ook reekse soos 'Projek Dina', 'Sara se Geheim' en die telenovelle 'Arendsvlei', vervaardig.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

FOTO: Verskaf/ kykNET

Show's Stories