Twee nuwe dames sluit aan by 'Op My Eish!'

Twee nuwe dames sluit aan by 'Op My Eish!'

Twee nuwe dames het Neels van Jaarsveld en die res van die dames verras op die week se episode van 'Op My Eish!'. 

Op My Eish!
kykNET/ Verskaf/ Efraine & Nadine

Elke episode van kykNET se 'Op My Eish!' het ’n kinkel, maar kykers was aangenaam verras toe twee nuwe dames in vandeesweek se episode by Neels van Jaarsveld se soektog na liefde aansluit.

LEES: Bertus Basson help Tannie Evita Bezuidenhout se restaurant met nuwe voorkoms

Neels en die oorblywende dames het heel gesellig by die Misty Waves Boutique Hotel in Hermanus gekuier, toe Henré Pretorius, aanbieder van die program, met hulle meedeel dat twee dames, bekend as die "wild cards", by die groep gaan aansluit. 

Die dames kon skaars kans kry om die inligting in te neem toe Nadine en Efraine in stap om hulle te kom ontmoet. 

LEES: Etiketghoeroe Emsie Schoeman se wenke vir goeie tafelmaniere

Deel van 'Op My Eish!' se formaat is dat daar enige tyd in die program ’n "wild card" kan aansluit. Nie Neels of die dames weet wanneer dit kan gebeur nie.

Maar dis nie gou nie, toe is al die ongemaklikhede uit die pad en klets Efraine en Nadine lekker met die oorblywende dames.

Op My Eish!
kykNET/ Verskaf/ Efraine
Op My Eish!
kykNET/ Verskaf/ Nadine

“Op ’n stadium het ek gevoel dat ek harder as die ander meisies moet werk om Neels te leer ken. Die ander meisies het baie verwys na Neels se vorige interaksies met van hulle en dit het geklink asof hy reeds ’n verhouding met baie van hulle gevorm het teen die tyd wat ons daar aangekom het,” sê Nadine. 

LEES: "Dolla móés gaan" - Margit groet Dowwe Dolla na twee dekades

Vir Efraine was dit nie die geval nie. Sy sê dit was vir haar moeilik om te vergelyk hoe hy met haar is teenoor met die ander meisies, bloot omdat sy hulle nog nie met Neels gesien het nie. 

LEES: Drama in 'Op My Eish' toe Liesa huistoe gestuur word

Neels moes toe ook ’n dame huistoe stuur in die episode. Hy het gekies om vir Abigail huistoe te stuur. Volgens Abigail is sy oukei met Neels se besluit: “Ek het later agtergekom dat Neels nie vir my is nie,” sê sy.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Skakel elke Donderdagaand om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, in om die aksie te volg!

Foto: kykNET

Show's Stories