'Almal skinder oor almal' - Die kloue kom uit op die 'Real Housewives'

'Almal skinder oor almal' - Die kloue kom uit op die 'Real Housewives'

Daar was behoorlik drama in die vierde episode van die 'Real Housewives van die Wynlande'. Lees meer oor die vurige episode hieronder.

Karen Real Housewives Wynlande
Supplied

By Karen se vyfster-lodge in die Laeveld skop die huisvroue die vierde episode af met 'n ontbyt waar almal reflekteer op die vorige aand. Die vroue besluit om die dinge op die naam te noem wat hulle aan mekaar irriteer.

LEES: Ikoniese Amy Kleinhans-Curd een van ses 'Real Housewives'

Karen vra dadelik of die ander huisvroue van haar skinder. "Almal skinder oor almal," verdedig sy haar vraag om die tafel. Michelle vermoed dadelik dat Karen spesifiek na haar verwys omdat sy oor die gerugte van die omgeryde boom in die Val de Vie-landgoed gevra het. "Ek het vir Karen reguit gevra, nie agter haar rug bespreek nie," het sy teruggekap.

Op haar beurt sê Anita dat dit haar irriteer as die vroue heeltyd hulle kinders in gesprekke noem. Candice wil weet of die seer van haar "childfree" lewe steeds by haar sit. "Hulle het probeer en aanvaar," sê Karen in haar videodagboek nadat Anita uiteindelik oor haar lewe sonder kinders oopmaak.

LEES: EKSKLUSIEF: Ikoniese Amy Kleinhans-Curd deel meer oor #RHOWL

Candice vra Amy verder oor hoe dit was toe sy meer as dertig jaar gelede as Mej. Suid-Afrika bekroon is. Amy antwoord: "Van ’n student op universiteit tot vandag ... Dit is ongelooflik!"

Ná ontbyt gaan swem die huisvroue om die lig bietjie te suiwer. Langs die waterdam praat hulle oor skinny-dipping, Anita se padda-pond, Michelle se Crocs, borsgrootte en botoks. "Ek kan sien as daar werk is. Die Here het jou nie liewer as ander nie," sê Michelle ná die ander vroue hul menings oor estetiese werk aan hul liggame gedeel het.

LEES: "Ek vat nie k*k nie!" - Die Wynland-vrouens bring gróót drama

Anita en Candice glo daar is geen probleem daarmee as jy "die geld en tyd" het nie. "Moet net nie oorboord gaan nie," reken Candice.

Toe Mariska uiteindelik opdaag, skree Karen: "Ek sien ’n steenbok in die bos!" Nadat Mariska vir die vroue vertel het hoekom sy die eerste dag misgeloop het – "Dit was my tweejarige dogtertjie se eerste konsert" –  is die vroue steeds nie oortuig van haar toegewydheid tot die groep nie.

"Ons was 'n bietjie de moer in vir jou gister," sê Amy prontuit. Anita vaar teen Mariska uit en laat haar weet dat dit onaanvaarbaar is. Karen wil ook weet hoekom Mariska nie vooraf laat weet het nie. "Kommunikasie, kommunikasie," verstaan Mariska nadat sy al die vroue se frustrasies gehoor het.

LEES: Oud Springbok-ster verwelkom baba dogtertjie

Daarna gaan die huisvroue op 'n wildkykrit. Karen vra vir almal vra watter soort Suid-Afrikaanse wilde dier hulle sal wees as hul moet kies. Sy begin deur te sê dat sy ’n swartmamba is. Mariska kies om ’n tier te wees. Michelle wil ’n seeperdjie wees, wat die ander vroue 'n bietjie skok omdat dit nie 'n "wilde dier" is nie. "Dit was sarkasme. Die vroue dink ek is glad nie snaaks nie, want hulle luister nie na my nie," sê sy bot in haar videodagboekkamera. Amy dink wel Michelle is 'n mammajakkals.

Toe die koning van die koninkryk van diere, ’n brullende leeu, die huisvroue se aandag trek, haal almal hulle selfone uit om dié spesiale oomblik vas te vang.

Tydens aandete begin die huisvroue weer gesels oor wie van hulle al ’n geliefde verneuk het. Michelle is glad nie skaam om te noem dat sy al "vier op eenslag ge-date" het nie. "Ek dink op ’n stadium was my rekord vier of vyf boyfriends," vertel sy.

LEES: Clare Wiese-Wentzel deel pragfoto van babaseuntjie

Candice bieg soortvan: "Ek was met iemand toe ek my man ontmoet het. Maar nee, nog nooit nie." Michelle is teleurgesteld dat niemand anders om die tafel kan erken dat hulle al iemand verneuk het nie: "Hulle is spierwit en rein. Ag, come on!"

Almal se kloue kom uit toe Karen voorstel dat hulle truth or dare speel en sy vra eerste vir Anita of sy vir ander mense vertel het oor die eerste aand wat sy haar ontmoet het. Karen sê sy het ’n "voëltjie hoor fluit" dat Anita vir ander mense vertel het sy was dronk by Amy se wynproe-aand. Anita ontken dit onmiddellik in ’n poging om die gesprek net daar te beëindig.  

Nadat Mariska vir almal gevra het wat hulle eerste indrukke van mekaar was en hoe dit intussen verander het, val Karen vir Mariska aan oor sy die vroue laat gemaak het vir die wildkykrit, oor sy haar onderlangs "koggel" en die eerste dag gemis het. "Ek kry al hoe meer die idee sy hou glad nie van my nie," sê Mariska en voeg by: "Ek is glad nie bang vir Karen nie."

LEES: Jacques Kallis deel pragtige foto’s van babadogter

Candice sê sy verstaan nie hoekom hulle nie eerlik met mekaar kan wees nie. Dit veroorsaak chaos, want almal voel haar opmerking is ’n indirekte aanval en belediging.

Michelle verloor haar humeur: "Hulle tree soos kinders op en iemand gaan hulle op hulle plek sit. En dit gaan ek wees." Mariska vind haar uitbarsting "histeries" vir ’n voormalige traumadokter.

"Ek dink nie Mariska hou van my nie. Sy hoef nie van my te hou nie, maar moenie ’n gek van my maak nie. Dis fyn boelie," sê Michelle.

LEES: Dr. Rolene Strauss en Daniel Strauss het ‘n "biljoenêringesteldheid"

Anita se kommentaar: "Hier is heavy s**t aan die gang."

Ten slotte noem Mariska dat die konflik wat ontstaan het as gevolg van haar vraag oor eerste indrukke, nie haar bedoeling was nie, maar dalk was dit goed, want nou het sy "die ware kleure om daai tafel gesien, wat my definitief perspektief op die vroue gegee het en hoe hulle konfliksituasies hanteer".

Donderweer roffel in die agtergrond en die wegbreeknaweek eindig met Michelle wat bieg: "My jare in die staatshospitale was makliker as dié naweek."

'Die Real Housewives van die Wynlande' is Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Episodes is ook op DStv Catch Up beskikbaar.

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories